Mitchell en Mordt in Leeus se visier

2010-05-19 09:17
Tweets Share Share line Print

Pieter Jordaan

Johannesburg - John Mitchell, afrigter van die Western Force, glo hy kan sy horisonne as afrigter verbreed as hy deur die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) as dié span se Curriebeker-afrigter vir 2010 aangestel word.

Mitchell het onlangs aan Sport24 erken dat die GLRU met hom onderhandel om die Curriebeker-leisels oor te neem.

Hy het dit ook beklemtoon dat hy geensins van plan is om sy bande met die Force te verbreek nie.

Aangesien Mitchell jaarliks ná die Super14-reeks geen ware afrigtingsverpligtinge het nie, oorweeg hy om in sy verloftydperk die Leeus af te rig.

Tog het sowel Mitchell as die GLRU al gesê geen amptelike aanstelling is nog gedoen nie.

Boonop is die voormalige Springbok-vleuel Ray Mordt glo ook in die wedloop om die Leeus te brei.

Die direkteur van rugby, Dick Muir, is weens sy verpligtinge as Springbok-hulpafrigter nie beskikbaar nie.

Mordt het die Lions vanjaar vlugtig in die Super14-reeks bygestaan toe dit duidelik geword het dat daar iets met die span se verdediging skort.

As Mitchell aangestel word, sal hy volgende jaar na die Force terugkeer om dié span ’n laaste keer in die Super14-reeks af te rig. Hy beplan dus nie ’n langtermyn-skuif Goudstad toe nie.

“Ek is hier (by die Force) tot aan die einde van my kontrak volgende jaar, so ek sal hulle afrig,” het Mitchell aan AAP gesê,

“Daar was slegs gesprekke oor afrigting (by die Leeus) in die Curriebeker-reeks tussen nou en volgende jaar se Super14.

“Ek is geregtig op my jaarlikse verlof, maar ek kan steeds my pligte hier (by die Force) nakom.

“Afgesien van beplanning en hersiening, het ek die afgelope vyf jaar bitter min in dié tyd (tydens die Curriebeker-reeks) gedoen.”

Mitchell glo hy kan boonop baie as afrigter leer deur tyd saam met ’n Suid-Afrikaanse span deur te bring.

Vir die Leeus behoort die aanstelling van ’n Curriebeker-afrigter ’n uiters belangrike saak te wees.

Dit is duidelik dat die Rooibontes in die Curriebeker-reeks etlike treë vooruit moet gee as hulle ’n herhaling van vanjaar se Super14-fiasko wil voorkom toe die Lions nie een wedstryd gewen het nie.

Intussen onderhandel die Sharks met die voormalige Leeus-losskakel André Pretorius om vanjaar vir die Kwazulu/Natallers Curriebekerrugby te speel.

Pretorius sou vanjaar vir die Force in die Super14-reeks gespeel het, maar sy seisoen is die soveelste keer deur ’n besering kortgeknip.

Die Sharks het gister bevestig dat Pretorius se beserings eers onder oënskou sal kom alvorens hulle hom sal betrek.

Die Force oorweeg dit ook om Pretorius (31) weer in 2011 te gebruik, mits hy hulle kan oortuig dat hy van waarde kan wees.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Sirrion sê... Met so 'n naam kan jy net gaan boer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Landcruiser Prado 3.0 DT VX 4x4 8-s Dsl AT
2005
R 299,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 120,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.