Michalak wil terug na Europa
2011-11-01 13:10
Durban – Die Haaie se losskakel Frédéric Michalak wil sy loopbaan in Europa voortsit in 'n poging om weer vir die Franse rugbyspan gekies te word.
Michalak, vanjaar se voorste puntemaker in die Curriebeker-reeks met 192 punte, het die Franse klubspan Toulouse in Mei verlaat om 'n kontrak met die Haaie te sluit. Hy het ook in 2008 vir die Natallers gespeel.
"Ek weet hulle (Haaie) wil my kontrak verleng, maar ek wil terugkeer na Europa omdat ek vir die Hane oorweeg wil word en dit is makliker as jy jou rugby in Europa speel," het hy Dinsdag aan die Franse sportblad L'Equipe gesê.
Michalak het die laaste van sy 54 toetse vir Frankryk teen Wallis in die 2010 Sesnasies-reeks gespeel.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24