Michalak uit Sesnasies-stryd teen Italië
2010-03-09 13:14
Parys – Die Franse rugbyspeler Frederic Michalak het Sondag bevestig dat hy weens ‘n kniebesering nie vir die Hane in hul volgende kragmeting teen Italië sal uitdraf nie.
Dié Fransman, wat in 2008 vir die Sharks in die die Super14-rugbyreeks gespeel het, sal deur die skrumskakel Dimitri Yachvili vervang word.
Michalak het sy knie verlede Saterdag tydens ‘n ligawedstryd tussen Toulouse en Stade Francais beseer en moes met ‘n draagbaar van die veld gedra word.
Hy is in die wedstryd deur Nieu-Seeland se Byron Kelleher vervang.
“Ek het ‘n kraakgeluid gehoor toe ek ‘n speler geduik het, ons sal moet wag op die uitslag van die toetse om te sien wat gebeur het,” het Michalak tydens 'n perskonferensie gesê.
Frankryk speel speel Sondag teen Italië en dan teen Engeland op 20 Maart.
- Sapa