Michalak sluit aan by Toulon
2011-12-24 22:55
Toulon, Frankryk – Die Franse losskakel Frédéric Michalak, wat tans vir die Sharks in Suid-Afrika uitdraf, het 'n mondelingse ooreenkoms vir 'n driejaar-kontrak met Toulon aangegaan.
"Niks is geteken nie, maar daar is 'n mondelingse ooreenkoms oor 'n kontrak vir drie jaar," het Mourad Boudjellal, die president van Toulon, gesê.
Die 29-jarige Michalak het skrumskakel sowel as losskakel by Toulouse gespeel voor hy by die Sharks aangesluit het.
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- SAPA