Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Meyer voel jammer vir Brüssow

2012-06-04 23:01
Tweets Share Share line Print

Durban – Die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, sê dit was ‘n moeilike keuse om die Cheetahs-flank Heinrich Brüssow uit die Springbok-groep te laat, maar hy glo dié baljagter sal in die toekoms terugkeer.

Brüssow, ‘n sleutelspeler in die wêreldbekergroep en iemand wat beskou is as ‘n uiters belangrike baljagter vir die Springbokke by die afbreekpunte, se weglating was een van die verrassings toe Meyer sy groep vir die opkomende toetsreeks teen Engeland aangekondig het.

Meyer het gesê hy is tevrede met sy keuses en dat Brüssow se weglating tydelik en ‘n taktiese aanpassing vir die reeks teen Engeland is. Die “kern” van die spelers is slegs vir die drie toetse teen Engeland, het Meyer gesê.

“Daar sal altyd kritiek wees, maar ek sal graag wil hê die land moet agter die span staan. Ek dink dit is die beste groep om mee vorentoe te gaan, elke ou moet nou sy hand opsteek en wys dat hy in die span moet wees.

“Heinrich Brüssow is ‘n briljante speler en ek dink dit is net ‘n kwessie van tyd voor hy weer gekies word. Die spel verander gedurig en jy moet die regte spelers vir die regte wedstryd kies. Ek voel werklik jammer dat hy nie in die span is nie, maar ek voel ook bly vir die jong spelers wat wel gekies is.”

Brüssow is ‘n baljagter en hy is bes moontlik uit die groep gelaat weens veranderinge aan die reëlinterpretasies wat lei tot meer strafskoppe by die afbreekpunte teen sy soort speler.

“Dit was ‘n moeilike keuse, aangesien Heinrich steeds een van die beste oopkantflanke in die spel is, maar die spel het verander. Hulle word nou meer gestraf en hakers steel nou meer balle,” het Meyer gesê.

“As die reëls verander – en hulle sal – dan sal hy definitief weer oorweeg word. Maar op die oomblik moet hy aanpas by die reëls.”

Die Springbokke takel Engeland Saterdag in Durban, voordat hulle in Johannesburg (16 Junie) en Port Elizabeth (23 Junie) teen die toerspan speel.

“Natuurlik het hulle baie tyd gehad om voor te berei en hulle het baie goed gevaar in die Sesnasies,” het Meyer oor Engeland gesê. “Ek wil egter regtig fokus op ons spelers en die tyd wat ons het.”

- Volg Nuus24Sport op Twitter

- AP

VOLGENDE OP NUUS24X

Rhule op bank teen Kings

2013-05-22 15:15

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
107 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Rugby-kommentaar

Piet Visagie sê... Gaan praat jou snert onder news24 soccer asb!Waar is die national representation by hulle?Of wil hulle nou die rugby ook bankrot steel soos die soccer? Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Fire Specialist Business Development Manager

Cape Town
DAV Professional Placement Group
Market Related

aicon tecnician/installer

East Rand
AERMART AIRCONDITIONING
Market Related

Electrician

Cape Town
DAV Professional Placement Group
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.