Meyer trek dalk later Kaap toe

2012-01-31 07:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria. – Hy gaan vir eers nêrens nie, maar Heyneke Meyer, die Blou Bulle se nuwe Springbok-afrigter, erken dat hy dalk later in sy ampstermyn Kaapstad toe kan trek.

Net die tyd sal leer wat die beste vir hom en sy gesin sal wees, het Meyer gesê.

“Ek gaan die volgende paar maande in elk geval die land deurreis om by al die streekspanne uit te kom en ek is ook van plan om by spelers wat tans in die buiteland speel, uit te kom.

“Daarom voel ek dit is beter om vir eers net hier te bly, want dan het ek ten minste ’n vaste basis,” het Meyer gesê.

“Ek het ook kinders in die skool en wil hulle nie sommer ontwrig nie.”

Meyer is wel die 12de Bok-afrigter sedert Suid-Afrika se hertoetrede tot internasionale rugby in 1992, maar slegs die tweede wat tydens sy aanstelling in die Jakarandastad gewoon het. Die ander was dr. John Williams, die Bokke se eerste breier ná isolasie.

Tradisioneel het die vorige breiers almal in Kaapstad, waar die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se hoofkantoor is, gebly.

“Ek dink nie dit gaan aan die begin saak maak waar ’n mens bly nie, maar sal later sien wat die beste gaan wees.

“Dit gaan uiteindelik wat in die beste belang vir die span gaan wees en nie wat my die beste gaan pas nie.”

Hy het vrese van Bulls-onder­steuners besweer dat hy dié unie van sy kundige bestuurspan gaan stroop.

“Ek dink dit is belangrik dat ons die beste mense het by die Springbok-span, maar almal van hulle is nie noodwendig in Pretoria en by die Blou Bulle betrokke nie.”

Meyer behoort vandag amptelik sy bedanking by die Bulls in te dien en val op 1 Februarie in sy nuwe pos in.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: heyneke meyer  |  rugby  |  springbokke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
44 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... My hart het amper gaan staan toe ek lees van De Villiers. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.