Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Maties oorrompel Ikeys

2012-03-13 07:57
Tweets Share Share line Print

Stellenbosch – Daar was altyd ’n gevoel in die Maties se geledere dat hulle die Ikeys een skuld vir die (beweerde) vloekskoot waarmee die Tiere verlede jaar se Varsitybeker-rugbyreeks gewen het.

Maandagaand is die skuld hier op die Danie Craven-stadion met rente geëis, met die meedoënlose Maties wat hul aartsvyande met 45-5 geklop het.

Verlede jaar het die Ikeys ten koste van die Maties deur die agterdeur na ’n halfeindstryd ingeglip met ’n vorentoe-aangee in hul laaste ligawedstryd teen die Tukkies, wat nie raakgesien is nie. Sulke geluk sal hulle nie vanjaar beskore wees nie.

Hierdie was die Maties se sesde sege op ’n streep en hulle sal beslis vanjaar in die uitspeelwedstryde betrokke wees.

Die Ikeys sal die trofee nog net tot vroeg aanstaande maand in hul kas kan hou.

Daar was sommer teen rustyd al geen meer twyfel dat die Maties sou wen nie.

Hulle het puik begin danksy die Ikeys se vrygewigheid van die afskop af.

Die bal is in die kwartgebied deur die besoekers aangeslaan en ’n paar fases later het die Maties-agtsteman, Grant Hattingh, die eerste van sy twee drieë gedruk.

Die voorsprong is 10 minute later gerek toe die heelagter André Smith die Maties met ’n puik lyn­skop diep in die Ikeys se helfte gekry het.

Met Hattingh, Hugo Kloppers en Reniel Hugo in die tuisspan se lynstaan, was die kanse altyd goed dat hulle die bal sou terugwen.

Die Ikeys se lynstaan was inderdaad ’n gemors en Smith het welverdiend ná ’n paar fases gaan afrond.

Hy het wéér so gemaak nadat sy skrumskakel, Boela Abrahams, gebreek het.

Die Maties het seker gemaak van die bonuspunt toe ’n strafskop drie minute voor die rustyd aan hulle toegeken is. André Kemp het vir die lyn geskop, die lynstaan is gewen en ’n paar fases later het hul flank en kaptein, Helmut Lehmann, die vierde drie gaan druk.

’n Glipsie in die verdedigingslyn het die Ikeys se agtsteman, Greg Mallett, toegelaat om net voor rustyd te gaan druk. Dit het egter nie verhoed dat die stampvol stadion in krete van “Useless T” uitbars nie.

Die verbroude duikslag voor rustyd kon vergewe word in ag genome die puik standaard wat die Maties byna deurentyd op die verdediging gehandhaaf het. Dis nie asof die Tiere nie hul oomblikke gehad het nie, maar die Maties het etlike kere diep in hul eie kwartgebied omkeerbesit gewen.

Die indrukwekkendste voorbeeld daarvan was deur die loop van die tweede helfte toe die Ikeys die bal deur seker meer as 20 fases geneem het, maar net nie deur die verdedigingslinie kon kom nie.

Ofskoon die Maties teen die rustyd al met 29-5 voorgeloop het, was hulle nog nie klaar met die Tiere-slagting nie.

Hattingh het vroegerig in die tweede helfte sy tweede gaan druk en vyf minute voor die einde het die buitesenter, Wessel Coetzee, onder die Ikeys se pale afgerond vir die tuisspan se sesde en laaste drie.

Ses van die bestes is inderdaad die beste manier om dit te beskryf.

Die yslike oorwinning is deur twee entoesiastiese kaalnaelers gevier, en die sekuriteitswagte het dit oënskynlik as niks meer as studentepret beskou nie.

Puntemakers:

Maties 45 (29): Drieë: Grant Hatting (2), André Smith (2), Helmut Lehmann, Wessel Coetzee. Doelskoppe: André Kemp (3), André Smith (2).

Ikeys 5 (5): Drie: Greg Mallett.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: maties  |  ikeys
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Pretoria - 10:28 AM
    Road name: Madiba Street
    ROAD CLOSED for roadworks from Lilian Ngoyi Street
  • Saturday North Riding - 10:24 AM
    Road name: Witkoppen Road Westbound
    ACCIDENT at North Riding
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

MS BI Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.