Mapoe en VS moet langer wag

2010-08-06 07:20
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Die Blitsbok Lionel Mapoe kan volgende week hoor of hy wettiglik nuwe spanmaats gaan kry of nie.

Mapoe se arbitrasiesaak oor sy kontrakgeskil tussen die Vrystaat en die Haaie is Donderdag hier aangehoor en uitspraak daaroor word vroeg volgende week verwag.

Die vleuel oefen reeds van voor die Curriebeker-reeks saam met die Haaie, maar kan nie vir die Durbaniete speel nie omdat hy volgens die Vrystaat ’n geldige kontrak met hom het.

Die Vrystaat weier om ’n sertifikaat van vrystelling aan die Mapoe uit te reik.

Uitspraak deur adv. Bertus van Rhyn, die arbiter in die saak, is gister voorbehou en daar word verwag dat hy reeds volgende week kan aandui vir wie Mapoe in die Curriebeker-reeks mag uitdraf.

Van Rhyn het ook vroeër vanjaar die skrumskakel JP Joubert se arbitrasiesaak oor sy kontrakgeskil tussen die Vrystaat en die Leeus hanteer.

Hy het toe beslis dat Joubert, wat hom voor die Super14-reeks by die Lions aangesluit het, daarop geregtig is om vir die Leeus te mag speel.

Volgens Harold Verster, president van die Vrystaatse Rugbyunie, het Van Rhyn gesê hy besef dit is ’n dringende saak en sal hy so gou as moontlik daaraan aandag gee.

Die Vrystaat sal hoop hy kan ’n slag met Mapoe slaan in sy wedywering met die Haaie om spelers se dienste te bekom.

Sport24 se ekslusiewe onthulling dat die Springbok-senter Meyer Bosman hom na die Curriebeker-reeks by die Haaie gaan aansluit is onder meer vandeesweek bevestig.

Dan het die voormalige Vrystater en oud-leerling van Grey-kollege Piet Lindeque verlede Saterdag gehelp om die Vrystaat se o.19-rugbyspan hier te verslaan.

Dié senter het die Haaie se eerste van vier drieë in hul sege van 33-13 oor die tuisspan gedruk.

Boonop het die Haaie ook reeds die dienste van die belowende senter van Grey-kollege Paul Jordaan bekom.

Jordaan was vanjaar ’n uitblinker vir die Vrystaat se Cravenweek-span wat as nie-amptelike kampioen in Welkom gekroon is.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: lionel mapoe  |  cheetahs  |  rugby  |  haaie  |  curriebeker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... My hart het amper gaan staan toe ek lees van De Villiers. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 1.9 TDi Comfortline Dsl
2007
R 199,995.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.