Mapoe: Div wil self ingryp

2010-08-18 09:31
Tweets Share Share line Print

Die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, wil nou self ingryp in die Lionel Mapoe-sage.

As die Bok-breier sy sin kry, moet die Blits-Bok so spoedig moontlik weer op die speelveld kom sodat hy deur die nasionale keurders vir hoër louere oorweeg kan word.

De Villiers is so ernstig oor die aangeleentheid dat hy reeds Woensdag om 07:00 in die Bokke se spanhotel in Johannesburg met dié vleuel, sy agent, Jan-Harm van Wyk, die Cheetahs-afrigter, Naka Drotské, en die Haaie se direkteur van afrigting, Rudolf Straeuli, wou vergader.

Maar Volksblad verneem die vergadering is op die laaste nippertjie weens ’n onbekende rede deur die Bok-breier uitgestel.

Die president van die Vrystaatse Rugbyunie (VRU), Harold Verster, het bevestig dat hy van bogenoemde vergadering kennis gedra het.

“Die sage verdiep net elke dag en Mapoe is nog nie terug nie. Ons oorweeg nou verdere stappe,” sê Verster.

“Die vergadering is nou af, want hulle wou die Haaie ook betrek en ons moet ons regte beskerm.”

Mapoe is vroeër deur ’n arbiter, adv. Bertus van Rhyn, in die toutrekkery tussen die Vrystaat en die Haaie oor Mapoe se dienste beveel om hom dadelik in Bloemfontein vir Curriebeker-verpligtinge aan te meld.

Volksblad het egter Dinsdag bevestig dat Mapoe steeds in Durban is en nog geen aanduiding bestaan van wanneer die Blitsbok weer deur die Cheetahs oorweeg kan word nie.

Volksblad kan ook onthul dat Mapoe dit nou oorweeg om sy loopbaan by ’n Australiese rugbyliga-span voort te sit. Hy het glo reeds ’n aanbod gekry.

Weens die toutrekkery tussen die Cheetahs en die Haaie was ’n perdfris Mapoe nog nie vanjaar ná ’n skoueroperasie in die Curriebeker-reeks in aksie nie.

Die enigste wyse waarop Mapoe wel deur die Haaie oorweeg kan word, is as Straeuli-hulle bereid is om ’n reuse-oordragbedrag aan die Cheetahs, wat nog ’n wettige kontrak met die vleuel het, te betaal.

Die Vrystaat het reeds aangedui dat hy langtand aan ’n oordragbedrag sal byt.

Indien die Haaie dít nie wil doen nie en Mapoe nie ’n sertifikaat van vrystelling van die Vrystaat ontvang nie, sal die Blits-Bok geen ander keuse hê nie as om vir die Cheetahs te speel, of sy loopbaan in Australië te gaan voortsit.

“Mapoe en sy agente moet nou aanvaar dat hy moet terugkeer en sy rugby hier kom speel.

“Ons sal die saak tot die einde beveg,” sê Verster.

Volksblad verneem vertroulik Mapoe is in De Villiers se nabye toekomsplanne en kan in die Bok-span vir die einde van die jaar se toer na Europa ingesluit word.

Hy is glo ook in die Bokke se planne vir 2011 se Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland.

- Volksblad

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... My hart het amper gaan staan toe ek lees van De Villiers. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.