Mank WP noem span vir stryd in Haaitenk
2011-09-28 14:32
Kaapstad – Die Westelike Provinsie se breier, Allister Coetzee, het sy span aangekondig wat Saterdag teen die Natalse Haaie in Durban uitdraf.
Heinrich Steyl vervang Conrad Jantjes, wat vandeesweek nie saam met die span geoefen het nie maar op die plaasvervangersbank gekies is, in die nr. 15-trui.
Johann Sadie kry 'n blaaskans en sal op buitesenter deur Berton Klaasen vervang word.
Die beseerde Nick Koster maak plek vir Nizaam Carr op agsteman.
Goeie nuus is dat JC Kritzinger, wat lank buite akie was weens 'n besering, weer fiks is en op loskop-stut sal uitdraf.
So lyk die span:
15. Heinrich Steyl, 14. Danie Poolman, 13. Berton Klaasen, 12. Marcel Brache, 11. JJ Engelbrecht, 10. Lionel Cronje, 9. Dewaldt Duvenage, 8. Nizaam Carr, 7. Siya Kolisi, 6. Nick Fenton-Wells, 5. De Kock Steenkamp, 4. Adriaan Fondse, 3. Brok Harris, 2. Tiaan Liebenberg (kaptein), 1. JC Kritzinger
Plaasvervangers: 16. Deon Fourie, 17. Frans Malherbe, 18. Tertius Daniller, 19. Nick Koster/Pieter Louw, 20. Louis Schreuder, 21. Johann Sadie, 22. Conrad Jantjes
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24