Luke sal Bok-trui ‘met trots’ dra

2011-05-18 09:57
Tweets Share Share line Print

Luke Watson sal ’n Springbok-rugbytrui “met trots” dra as die geleentheid hom weer voordoen.

Die omstrede voormalige losvoorspeler van die Sharks en Westelike Provinsie het gister in die Moederstad bevestig dat hy steeds die ambisie koester om sy land te verteenwoordig.

Watson (27) het pas by Bath in Engeland klaargemaak en begin Maandag saam met die Kings in Port Elizabeth te oefen.

“As ek weer die kans kry om my land te verteenwoordig, sal ek dit met groot trots doen,” het Watson gesê.

“Ek sou baie graag weer die geleentheid wil hê, maar of dit gaan kom, is ’n heel ander saak. Maar ja, dit sal wonderlik wees.”

Dis egter onwaarskynlik dat Watson al vanjaar weer ’n proesel van toetsrugby sal kry. Suid-Afrika se beskikbare talent en die gepaardgaande spandinamika laat dit waarskynlik nie toe nie, terwyl Watson ook nie voor 2013 Super Rugby gaan speel nie.

Hy het gister gesê dat hy slegs vir spanne van die Oostelike Provinsie beskikbaar sal wees en nie volgende jaar by ’n Super-span sal inskakel nie. Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het reeds besluit dat die Kings in 2013 Super Rugby sal speel.

“Dis deel van my ooreenkoms met die Kings.

“Ek wil saam met die span ontwikkel.

“Ek het al onder puik afrigters gespeel en moenie verbaas wees as jy van die Westelike Provinsie se bewegings daar sien nie!”

Watson werk met die veronderstelling dat die Kings in 2013 Super Rugby-status sal kry en glo Suid-Afrika het genoeg spelers om hulle in Super Rugby te huisves.

“Australië het vinnig nuwe spanne op die been gebring en niemand kan vir my vertel dat Suid-Afrika nie ’n groter talentpoel as enige ander rugbynasie het nie. Ek glo ons kan in 2013 meer mededingend wees as van die ander nuwe spanne wat op die been gebring is.”

Watson sal natuurlik dadelik ’n sterk kandidaat vir die Oos-Kapenaars se kapteinskap wees, maar dis nie by hom ’n prioriteit nie.

“Ek wil nooit in ’n omgewing instap met die vooropgestelde idee dat ek ’n leier is nie, want ek dink nie dis hoe leierskap benader moet word nie,” het hy gesê.

“Ek het in Bath geleer dat ’n leier en kaptein natuurlik in ’n span ontwikkel.

“Toe Bath my aan die einde van my eerste seisoen gevra het om die kaptein te wees, het ek gesê op voorwaarde dat daar individueel met elke ander speler eers gepraat word.

“As daar enige kwessies sou wees, moes dit eers aangespreek word.”

Volgens Watson was dit die Kings se afrigter, Alan Solomons, wat hom oortuig het om saam met sy jong gesin terug Baai toe te kom.

“Ek was eintlik onseker oor die skuif voor ek met hom gesels het.

“Solly het visie.

“Hy droom groot en kan ’n visie skep vir die rigting wat hy wil inslaan.

“Ek het aan die einde van verlede jaar met hom gesels toe hy die Barbarians in Londen help afrig het en daardie vergadering het ’n groot invloed op my besluit gehad.”

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: luke watson  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
103 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... My hart het amper gaan staan toe ek lees van De Villiers. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.