Ludik se seisoen verby en ...

2011-09-27 10:00
Tweets Share Share line Print

Durban – Louis Ludik se rugbyseisoen is iets van die verlede.

Dié heelagter van die Haaie se span het Vrydagaand teen Griekwas ’n beentjie in sy voet gebreek en sal nie weer vanjaar op die rugbyveld gesien word nie.

Ludik het die besering opgedoen enkele minute nadat hy in die tweede helfte as plaasvervanger op die veld verskyn het.

Dit is nie waar die Haaie se beseringsprobleme ophou nie.

Hulle sal in Saterdag se Curriebeker-wedstryd in Durban teen die Westelike Provinsie ook sonder die haker Craig Burden moet klaarkom.

En die slot Anton Bresler moet eers Donderdag ’n fiksheidstoets slaag voordat hy teen die Streeptruie kan diens doen.

Hy het sy enkel beseer in die sukkelsege oor Griekwas.

Die Springbok-agtsteman Ryan Kankowski besoek aanstaande Woensdag ’n spesialis wanneer die pen uit sy gebreekte hand verwyder word.

Volgens Ewoudt van der Linde, die spandokter, is die Haaie hoopvol dat Kankowski en Burden albei oorweeg kan word vir die laaste ligawedstryd, oor drie weke teen die Leeus in Durban.

Ludik het die laaste twee Curriebeker-wedstryde op die plaasvervangersbank begin, met Stefan Terblanche wat bo hom as heelagter verkies is.

Die vaskopstut Wiehahn Herbst het ook ’n liesbesering waarmee hy al geruime tyd sukkel, vererger toe hy as plaasvervanger teen die Noord-Kapenaars gespeel het.

“Ons raak ál meer uitgedun en dinge lyk nie baie goed nie,” het John Plumtree, die Haaie se afrigter, gister gesê.

“Hoe harder ons probeer om die peil te herwin wat ons verlede jaar die kampioene gemaak het, hoe slegter speel ons,” het hy van die getjommel teen Griekwas gesê.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... My hart het amper gaan staan toe ek lees van De Villiers. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.