Loftus sê nee vir sy Liefling

2011-11-30 09:03
Tweets Share Share line Print

Doebai. – Die “liefdesverhouding” tussen die Bulls en hul voormalige “Liefling” is weer op die rotse nadat informele gesprekke om Derick Hougaard weer terug te kry in Pretoria onsuksesvol was.

Dit is die tweede keer in die afgelope jaar dat gesprekke om hul voormalige puntemasjien weer deel van die gewese Super-kampioene se arsenaal te maak nie die verwagte resultaat bring nie.

Hougaard, wat aan die herstel is nadat sy haksening twee keer geopereer is, het vroeër vandeesmaand gesprekke met die Bulls se oorhoofse rugbybaas, Heyneke Meyer, en die hoofafrigter, Frans Ludeke, aangevra.

Dit is bekend dat Hougaard, wat nou vir die klub Saracens in Brittanje uitdraf, graag wil terugkom Bulkraal toe, maar onsekerheid oor sy spelpeil ná sy operasies was ’n waarskynlike struikelblok.

“Ons kan ongelukkig nie tans vir Derick in ons struktuur akkommodeer nie. As Derick fiks en beseringsvry is, sal hy steeds ’n speler van wêreldgehalte wees – en as die situasie verander en die omstandighede noodsaak dit, sal ons graag weer op sy en Saracens se knoppie druk,” het Meyer by navraag gesê.

Hougaard self sê hy is bitter teleurgesteld oor die verwikke­linge: “Ek het soveel boodskappe van ondersteuners gekry ná die nuus dat ek dalk kan terugkom, maar wie weet, dalk werk dinge tog nog eendag uit,” het die kookwater-losskakel gesê.

Die Bulls het dalk ’n potensiële tameletjie vermy deur nié vir Hougaard en Morné Steyn te laat meeding om die span se nr.10-trui nie, maar die werklikheid is dat Hougaard se plek nooit werklik gevul is sedert 2008 nie toe hy Meyer na die Leicester Tigers gevolg het.

Die Bulls se tweede losskakels het daarna gekom en gegaan en is nooit kans gegee om hulself te vestig nie. Jacques-Louis Potgieter, Burton Francis en Francois Brummer het die plaasver­vangersbank voos gesit en hul spelpeil het daaronder gely. Potgieter het Sharks toe uitgewyk, Francis is Leeus toe en Brummer het groener weivelde gaan soek nadat sy kontrak met die Bulls nié hernieu is nie.

“Ek moet Donderdag ’n keuse maak tussen vier aanbiedinge, twee by Engelse klubs en twee by Franse klubs. Ek dink ’n totale verandering is wat ek nodig het om weer my rugby te geniet,” het Brummer gesê.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... My hart het amper gaan staan toe ek lees van De Villiers. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.