Lions bevestig 2013-kragmetings
2012-11-28 11:52
Kaapstad – Die Lions het die wedstryde wat hulle aanstaande jaar tydens hul afwesigheid in die Super-reeks sal speel, bevestig.
Dié kragmetings is in die pyplyn sedert die Lions in Augustus uit die Super-reeks geskop is.
Die Gautengers sal die seisoen met 'n wedstryd teen Rusland afskop, gevolg deur drie opwarmwedstryde teen die Cheetahs, Bulls en Kings.
Daarna speel hulle teen Namibië in Windhoek voordat die die span teen die nuwe Franse Top14-klub Mont-de-Marsan in Johannesburg uitdraf.
Lions se 2013-skedule:
19 Jan – Rusland, Coca-Colapark
23 Jan – Cheetahs,Coca-Colapark
2 Feb – Bulls, Orlando Stadium
9 Feb – Kings, Coca-Colapark
23 Feb – Namibië, Windhoek
16 Maart – Mont-de-Marsan, Coca-Colapark
13 April – VSA-uitnodigingspan, Irvine, Kalifornië
20 April – VSA-uitnodigingspan, Vancouver, Kanada
27 April – Chicago Lions, Chicago
11 Mei – Agen, Coca-Colapark
1 Junie – Samoa, Coca-Colapark
8 Junie – Franse Barbarians, Coca-Colapark
15 Junie – Stormers, Coca-Colapark
21 Junie – Sharks,Coca-Colapark
12 Julie – Montpellier, Coca-Colapark
20 Julie – Grenoble, Coca-Colapark
27 Julie – Super-rugby promosie/relegasie (eerste wedstryd), Plek moet nog bevestig word
3 Augustus – Super-rugby promosie/relegasie (tweede wedstryd), Coca-Colapark
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24