Lions, Sharks steeds haaks oor Alberts en Ludik

2010-01-19 07:14
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - John Plumtree bly aan as afrigter van die Sharks, terwyl Willem Alberts en Louis Ludik vir dié KwaZulu-Natalse rugbyspan se voorseisoense toernooi teen die Stormers en Western Force oorweeg sal word.

Daar is die naweek in Nieu-Seeland berig dat Plumtree ’n kandidaat is om die Hurricanes aanstaande jaar af te rig, maar die gerugte is gister vinnig deur die Sharks se uitvoerende hoof, Brian van Zyl, die nek ingeslaan.

“Ek het met John daaroor gesels en hy het maande laas met enigiemand in Nieu-Seeland kontak gehad,” sê Van Zyl. “Ons het al met hom gesels oor die verlenging van sy kontrak. Hy gaan ’n blaaskans in die Curriebeker-reeks kry waartydens ons hom gaan help om sy afrigtingsvaardighede uit te bou. Ons sal nie tot so iets instem indien ons voel dat daar nie ’n goeie kans is dat hy sy kontrak gaan verleng nie.”

Volgens Van Zyl het Plumtree vir ’n kontrakverlenging van twee jaar as Sharks-breier gevra.

Intussen gaan die feit dat vrystelling-sertifikate nog nie deur die Leeus vir Alberts en Ludik uitgereik is nie, die Sharks nie verhoed om hulle in voorseisoense wedstryde of selfs die Super14-reeks te gebruik nie.

“Sou hulle gekies word, sal hulle deel van die groep wees. Dis vriendskaplike wedstryde en val nie onder die jurisdiksie van SA Rugby nie,” sê Van Zyl.

“Ons het SA Rugby gevra om ’n standpunt in te neem?… Die Leeus stel hulle (Alberts en Ludik) net nie vry nie. Ons betaal die spelers, nie hulle nie.”

Die Kaapse prokureur Frikkie Erasmus het gister bevestig dat hy namens die Sharks aan SA Rugby geskryf het rakende die dispuut tussen die Sharks en Leeus oor die vrystelling van Alberts en Ludik en hul deelname in die Super14.

“Die Super14 is ’n Sanzar-kompetisie met sy eie gedragskode en dissiplinêre reëls. SA Rugby se regulasies is slegs in sy eie kompetisies van toepassing,” sê Erasmus.

“ ’n Vrystelling-sertifikaat is nie ’n voorvereiste vir ’n speler se deelname aan die Super14 nie. Niks verhoed die Sharks om hulle in die Super14 te laat speel nie.”

  • Manie Reyneke, uitvoerende hoof van die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU), het gister aan Pieter Jordaan gesê sy unie het nog nie aanvaar dat Ludik en Alberts vir die Lions verlore is nie. “Die bal is nou in hulle hande, ek beveg hulle kontrakte en weet nie of hul prokureur al ’n aansoek vir arbitrasie ingedien het nie, maar hulle (Alberts en Ludik) is nog op my boeke.

“Hulle behoort by die Lions-oefeninge te wees. Ek het met SA Rugby kontak gemaak om te vra dat hulle daarna kyk, want ek het ’n groot probleem daarmee dat hulle saam (met die Sharks) oefen.”

Reyneke het bevestig dat hy ’n amptelike klag ingedien het.

Alberts is op sy wittebrood in Mauritius, maar sal voor die naweek terug in Durban wees.

  • Die Stormers en Force speel Saterdag in die eerste wedstryd van die Neo Africa-reeks op Nuweland. Daarna is die Sharks en Force op 26 Januarie op Nuweland slaags, voordat die Stormers en Sharks mekaar op 29 Januarie daar die stryd aansê.

- Die Burger

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... My hart het amper gaan staan toe ek lees van De Villiers. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.