Liefling vry kliphard na span in Suid-Afrika

2012-01-11 09:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Derick Hougaard hoop steeds dit is die Blou Bulle, maar is nog nie seker wie se liefling hy gaan wees wanneer sy kontrak met Saracens in Mei verstryk nie.

“My planne is nog deurmekaar. Ek wil graag terugkeer en in Suid-Afrika rugby speel,” het Hougaard vandeesweek by die bekendstelling van Saracens se Field of Dreams in die Stellenbosse woonbuurt Kayamandi gesê.

Dié voormalige Springbok-losskakel het nog ’n hakseningbesering, maar het saam met Saracens Kaap toe gereis om hul vir Sondag se Heinekenbeker-wedstryd teen Biarritz voor te berei.

Hougaard besef ’n geleentheid by die Bulle is hom dalk nie beskore nie, veral nadat die unie onlangs Lionel Cronjé gekontrakteer het.

“Dis nie ’n geval van die Bulle of niks nie,” sê hy. “Ek het wel sedert my skooldae gedroom dat ek slegs vir een unie sal wil speel.

“Dis belangrik dat my lojaliteit en integriteit nie in twyfel getrek word nie. Daarom wil ek graag by een unie klaarmaak.

“As daar egter elders ’n geleentheid opduik, sal ek dit nie afskiet nie. Ek het voorheen gesê ek sal nooit oorsee gaan nie en nou is ek al byna vier jaar daar.”

’n Fikse Hougaard kan ’n gesogte speler vir die Curriebeker-reeks wees, maar hy kan as gevolg van sy besering in die komende maande vir Saracens speel sonder om die stelskopwerk te behartig.

“Twee van ons skrumskakels is beseer en daar is sprake dat ons beste losskakel en senterpaar vir Engeland gaan speel,” sê hy.

“Ek kan dalk speel sonder om te skop, bloot om ’n gat in die span toe te stop.”

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: derick hougaard  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... My hart het amper gaan staan toe ek lees van De Villiers. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.