Leeus verander vir WP
2010-08-31 15:30
Johannesburg - Die breier van die Leeus, John Mitchell, het twee veranderings gemaak vir Vrydagaand se Curriebeker-stryd teen die Westelike Provinsie in Johannesburg.
Twee van verlede week se uitblinkers teen die Luiperds, slot Johan Snyman en flank Renaldo Bothma, sal na die plaasvervangersbank geskuif.
Snyman word deur George Earle, wat verlede week 'n ruskans gekry het, vervang terwyl Derek Minnie van sy enkelbesering herstel het en ook in die beginspan sal uitdraf.
Die Leeus is tans slegs vyf punte agter die Griekwas, wat vyfde op die Curriebeker-punteleer is en vier punte agter die Blou Bulle en die Vrystaat Cheetahs.
Mitchell het gewaarsku dat 'n groot toets vir die Leeus in die komende weke teen die WP, Haaie en die Griekwas voorlê.
Deon Van Rensburg, David Bulbring, Tonderai Chavhanga, Kevin Buys, Trevor Hall en Wandile Mjekevu is almal nog op die Leeus se krukkelys.
Afskoptyd Vrydag in Johannesburg is 19:10.
So lyk die Leeus:
Jaco Taute, Jannie Boshoff, Waylon Murray, Doppies la Grange, Michael Killian, Elton Jantjies, Jano Vermaak, Warren Whiteley, Joshua Strauss, Derick Minnie, Franco van der Merwe (kaptein), George Earle, Ross Geldenhuys, Martin Bezuidenhout, JC Janse van Rensburg.
Plaasvervangers: Edgar Marutlulle, Wayne Swart, George Earle, Derek Minnie, JP Joubert, Burton Francis, Marius Delport.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24