Leeus verander twee vir stryd teen Bulle
2011-09-21 15:26
Johannesburg – Die Goue Leeus het twee veranderinge en een posisionele skuif gemaak vir hul Curriebeker-kragmeting met die Blou Bulle Saterdag in Johannesburg.
Die flank Cobus "Baywatch" Grobbelaar, wat Saterdag in sy 100ste Curriebeker-wedstryd uitdraf, keer terug na die beginspan nadat hy verlede week 'n blaaskans gekry het.
Michael Rhodes skuif vanaf die flank- na die slot-posisie met Wikus van Heerden wat die res van die seisoen weens 'n kniebesering sal misloop.
Die vleuel Deon van Rensburg vervang Jannie Boshoff in die beginspan.
Afskoptyd Saterdag is 15:00.
So lyk die span: Jaco Taute, Deon van Rensburg, Doppies la Grange, Alwyn Hollenbach, Michael Killian, Elton Jantjies, Michael Bondesio, Joshua Strauss (kaptein), Derick Minnie, Cobus Grobbelaar, Franco van der Merwe, Michael Rhodes, Patric Cilliers, Bandise Maku, JC Janse van Rensburg.
Plaasvervangers: Martin Bezuidenhout, Jacobie Adriaanse, David Bulbring, Warren Whiteley, Rudy Paige, Burton Francis, James Kamana.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24