Leeus verander 11 vir CB-halfeind
2012-10-16 13:02
Johannesburg – Die afrigter van die Leeus, Johan Ackermann, het 11 veranderings gemaak aan die span wat Saterdag in die Curriebeker-halfeindstryd teen die WP uitdraf.
Die kaptein JC Janse van Rensburg keer terug na die loskopstut-posisie, waar hy CJ van der Linde vervang.
Jacobie Adriaanse vervang Pat Cilliers op vaskopstut en die slot Franco van der Merwe is ook terug in die beginspan.
Cobus Grobbelaar sal Jaco Kriel in die nr. 6-trui vervang met Kriel wat na die oopkantflank-posisie skuif.
Ackermann het Andries Coetzee op heelagter gekies.
Afskoptyd Saterdag op Coca-Colapark is om 19:00.
So lyk die span:
15. Andries Coetzee, 14. Ruan Combrinck, 13. Jaco Taute, 12. Alwyn Hollenbach/ Dylan des Fountain, 11. Anthony Volmink, 10. Elton Jantjies, 9. Michael Bondesio, 8. Warren Whiteley, 7. Jaco Kriel, 6. Cobus Grobbelaar, 5. Franco van der Merwe, 4. Michael Rhodes, 3. Jacobie Adriaanse, 2. Callie Visagie, 1. JC Janse van Rensburg (kaptein).
Plaasvervangers: Bandise Maku, CJ van der Linde/Pat Cilliers, Hendrik Roodt, Derick Minnie, Ross Cronje, Butch James, Deon Helberg.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA