Leeus se brul is terug

2010-09-03 21:08
Tweets Share Share line Print

 Anja Carstens

Kaapstad - Die Goue Leeus het Vrydagaand uithaler-rugby gespeel om die Westelike Provinsie in 'n Curriebeker-kragmeting op Coca Cola-park in Johannesburg met 46-28 te klop.

Die losskakel van die Leeus, Elton Jantjies, het briljant geskop én 'n bonuspunt drie gedruk om 31 van die 46 wenpunte aan te teken.

Die Streeptruie het teen rustyd met 21-19 voorgeloop nadat hulle vir die eerste 40 minute in beheer was van die spel.

In die tweede helfte was dit weer die WP wat eerste punte aangeteken het met die plaasvervanger Conrad Hoffmann wat die besoekers se derde drie gedruk het.

Maar daarna het die wedstryd aan die Leeus behoort. Dit het alles begin met 'n vorentoe skoppie wat pragtig deur vleuel Michael Killian opgetel is om op die doellyn te gaan druk.

'n Paar minute later was dit die sterk agsteman Derick Minnie se beurt om te gaan druk. Die WP het te veel duikslae gemis en hulle het duur betaal aan al die strafskoppe wat afgestaan is.

Jantjies, wat ook die speler van die wedstryd was, het die Leeus se bonuspunt drie in die 67ste minuut gedruk.

Puntemakers:

Leeus: Drieë: Michael Killian (2), Derrick Minnie, Elton Jantjies Doelskoppe: Elton Jantjies (4)  Strafskoppe: Elton Jantjies (6)

Westelike Provinsie: Drieë: JJ Engelbrecht, Duane Vermeulen, Conrad Hoffman Doelskoppe: Willem de Waal (2) Strafskoppe: Willem de Waal (3)

Die Leeus se volgende kragmeting is teen die Griekwas in Johannesburg terwyl WP die Luiperds in Kaapstad pak.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Eidel sê... Stormers julle het karakter gewys oor-see toe die beserings so erg was. Nou kan julle weer vir die land wys wat is karakter en hoe speel julle vir mekaar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

ASP .Net Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S80 T6 AT
1996
R 40,000.00

VOLKSWAGEN

Golf Cabriolet 2.0 MY95
1999
R 82,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.