Leeus noem Curriebeker-groep
2012-08-07 17:15
Johannesburg – Die Leeus se afrigter, Johan Ackermann, het sy groep aangekondig wat aan die 2012 Curriebeker-reeks gaan deelneem.
“Dié groep sluit ‘n paar van ons beseerde spelers in wat gedurende die veldtog hul terugkeer sal maak,” het Ackermann Dinsdag gesê.
“Daar is ook spelers wat nou eers weer begin oefen, wat ook hulself weer in die groep in kan werk.”
“Ons sien uit na die seisoen en ons hoop ons kan die tipe rugby speel wat ons ondersteuners sal trots maak.”
Die groep:
Voorspelers: Jacobie Adriaanse, Ruan Botha, Willie Britz, Ruan Dreyer, Francois du Toit, Cobus Grobbelaar, JC Janse van Rensburg (kaptein), Jaco Kriel, Derick Minnie, Caylib Oosthuizen, Hendrik Roodt, Joshua Strauss, CJ van der Linde, Franco van der Merwe, Callie Visagie, Warren Whiteley,
Agterspelers: Michael Bondesio, Andries Coetzee, Ruan Combrinck, Guy Cronje, Ross Cronje, JR Esterhuizen, Deon Helberg, Alwyn Hollenbach, Butch James, James Kamana, Lionel Mapoe, Waylon Murray, Jaco Taute, Deon van Rensburg, Anthony Volmink.
– Volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA