Leeus moet hul ‘koppe regkry’

2011-10-07 10:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Angstigheid veroorsaak vrees en vrees veroorsaak die soort paniek wat ’n span ’n wedstryd kan laat verloor.

Daarom het die Goue Leeus dit vandeesweek tot elke prys probeer vermy om te fokus op die feit dat hulle Saterdag hier teen die Westelike Provinsie die eerste plek op die Curriebeker-reeks se puntelys kan bespreek.

Uiteraard bly dit belangrik vir die Leeus om eersdaags hul halfeindstryd op Coca-Colapark te speel en om seker te maak die eindstryd is ook hier – as hulle so ver sou vorder.

Tog is dit gevaarlik vir die span om enigsins nou daaroor te lê en droom, want ’n WP-span wat onder druk is om die halfeindronde te haal, kom Saterdag Goudstad toe.

“Natuurlik is ons in beheer van ons eindbestemming, ja,” het John Mitchell, die Leeus se afrigter, gesê. “Maar ons praat nie daaroor (die puntelys) nie en dit (praatjies) is alles persepsies. Angstigheid oor ons posisie veroorsaak vrees. Dis ’n wedstryd tussen twee spanne wat baie hard tot aan die einde gaan veg.” En die Leeus het reeds gewys hulle kán tot die einde veg.

In hul nederlaag van 18-21 teen die Blou Bulle, hul enigste op hul tuisveld in vanjaar se reeks, het hulle byna ’n agterstand van 3-18 uitgewis.

En die afgelope naweek moes die Leeus ’n agterstand van 8-25 uitwis om die louere met die Vrystaat-Cheetahs met 25-25 te deel.

“Ons het goeie karakter gewys om in albei dié wedstryde terug te veg.

“Ons wil natuurlik (in wedstryde) goed begin. Maar dit help nie om oor die verlede te tob nie. Ons moet net ons koppe regkry en weer aan die gang kom,” het Mitchell gesê.

Die Leeus verwag ’n baie fisieke wedstryd teen die WP, die enigste span teen wie hulle nog nie in vanjaar se reeks kon wen nie.

Die WP is erg deur beserings ontwrig. Daar is onder meer ’n gebrek aan ervaring in die middelveld, waar Marcel Brache en Berton Klaasen teen die ervare Alwyn Hollenbach en Doppies la Grange speel.

“Ons verwag beslis nie ­reën nie,” het Mitchell oor die verskil tussen Saterdag se wedstryd en hul naelbyt-nederlaag van 26-28 in Augustus op Nuweland gesê.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... My hart het amper gaan staan toe ek lees van De Villiers. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.