Leeus klop Cheetahs
2010-08-14 17:45
Johannesburg – Trane van blydskap het Saterdag op Coca-Cola Park in Johannesburg gevloei nadat die Leeus die Cheetahs met 30-26 geklop het.
Die Leeus wat met 10 punte agter geloop het, het hul tweede oorwinning in sewe maande behaal.
Dit was ‘n groot oorwinning vir die Leeus nadat hulle nog net die Luiperde in die Curriebeker gewen het.
Die speler van die wedstryd was Elton Jantjies wat die wedstryd met sy skopvoet oorheers het.
Punte aangeteken:
Xerox Leeus: Deon van Rensburg, Elton Jantjies, Jannie Boshoff.
Doelskoppe: Jantjies (3)
Strafskoppe: Jantjies (3)
Vodacom Cheetahs Drië: Ashley Johnson, Cobus Kaldo
Doelskoppe: Louis Strydom (1), Meyer Bosman (1)
Strafskoppe: Strydom (4)
- Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24 op Twitter te volg.