Leeus hou asem op oor Hollenbach
2012-09-20 13:30
Fotogalery - Leeus wen katgeveg
klik op klein foto bo om groter prentjie te sien
Johannesburg – Die Leeus se tussentydse afrigter, Johan Ackermann, het een verandering gemaak aan die span wat Saterdag teen die Haaie op Coca-Colapark in Johannesburg uitdraf.
Ackermann kan egter nog laat veranderings maak aangesien daar onsekerheid oor beseerde spelers is.
Dit is nie seker of Michael Rhodes die beseerde Hendrik Roodt op slot sal vervang nie, terwyl Jaco Taute straks in Alwyn Hollenbach se plek in die nr.12-trui kan uitdraf.
Hollenbach sukkel nog met 'n besering en sy beskikbaarheid vir Saterdag se Curriebeker-stryd sal eers Vrydag bevestig word.
Afskoptyd is om 19:10.
Leeus:
15. Andries Coetzee, 14. Deon Helberg, 13. Lionel Mapoe, 12. Alwyn Hollenbach/Jaco Taute, 11. Ruan Combrinck, 10. Elton Jantjies, 9. Michael Bondesio, 8. Warren Whiteley, 7. Willie Britz, 6. Cobus Grobbelaar, 5. Franco Van der Merwe, 4. Michael Rhodes/Etienne Oosthuizen, 3. Jacobie Adriaanse, 2. Callie Visagie, 1. JC Janse van Rensburg (kaptein).
Plaasvervangers: Bandise Maku, Ruan Dreyer, Etienne Oosthuizen/Ruan Botha, Jaco Kriel, Ross Cronje, Butch James, Jaco Taute/Dylan des Fountain.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24