Leeus brul hard teen Streeptruie
2011-10-08 23:00
Johannesburg – Die Goue Leeus het met 'n welverdiende oorwinning Saterdag oor die Westelike Provinsie in Johannesburg, gewys hoekom hulle bo-aan die Curriebeker-punteleer lê.
Die Rooibontes het met 42-25 gewen nadat hulle rustyd 20-9 voor was.
In die tweede helfte het die WP se losskakel Demetri Catrakilis die Streeptruie al nader gebring met sy skopskoen, maar twee drieë in die laaste tien minute het die uitslag eindelik oortuigend in die guns van die Leeus geswaai.
Puntemakers:
Goue Leeus:
Drieë: Bandise Maku, Jaco Taute (2), Martin Bezuidenhout, Derrick Minnie Doelskoppe: Elton Jantjies (4) Strafskoppe: Elton Jantjies (3)
Westelike Provinsie:
Drie: Deon Fourie Strafskoppe: Catrakilis (5) Skepskop: Catrakilis
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24