Leeus-breier kies drie Michaels
2011-09-29 09:38
Johannesburg. – Al drie die Goue Leeus se Michaels is reg om die Vrystaat-Cheetahs te pak en is in die beginspan gekies wat Saterdag in Bloemfontein die Leeus se plek in die Curriebeker-reeks se halfeindronde wil bespreek.
Die skrumskakel Michael Bondesio se kuitbesering het genoegsaam herstel sodat sy naam weer in die beginspan ten koste van dié van Rudy Paige verskyn.
Ook Michael Killian, wat as vleuel weer sy beste spelpeil ontdek het, kan sy plek inneem nadat die dyspierbesering herstel het wat hy teen die Blou Bulle opgedoen het, berig Pieter Jordaan.
Vir Michael Rhodes wag daar ’n tweede wedstryd in die beginspan as slot.
Bondesio se terugkeer is die enigste verandering aan die beginspan ná die nederlaag teen die Bulle.
“Michael (Bondesio) is van kritieke belang vir ons. Rudy weet wat dit verg (om die beginspan te haal). Ek gaan nie ’n skrumskakel kies as hy nie sy duikslae uitvoer nie,” het die breier, John Mitchell, op sy kenmerkende eerlike manier gesê.
Die span is:
Jaco Taute, Deon van Rensburg, Doppies la Grange, Alwyn Hollenbach, Michael Killian, Elton Jantjies, Michael Bondesio, Josh Strauss (k), Derick Minnie, Cobus Grobbelaar, Franco van der Merwe, Michael Rhodes, Patric Cilliers, Bandise Maku, JC Janse van Rensburg.
PLAASVERVANGERS: Martin Bezuidenhout, Jacobie Adriaanse, David Bulbring, Warren Whiteley, Burton Francis, Dylan des Fountain, James Kamana.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24