Lawrence loop lig vir Bok-ondersteuners
2011-11-16 12:26
Wellington – Die Nieu-Seelandse rugbyskeidsregter Bryce
Lawrence het Woensdag gesê hy sal nie in Suid-Afrika blaas as sy veiligheid in
die gedrang kom nie.
Lawrence se vertoning tydens die Springbokke se nederlaag
teen die Wallabies in die kwarteindronde van vanjaar se
Wêreldbeker-rugbytoernooi het skerp kritiek by die Springbokke, hul afrigters
en hul ondersteuners ontlok.
“Die een positiewe deel van my uittrede is dat ek nooit weer
in ‘n wedstryd sal speel waarin hy blaas nie,” het die die Bok-kaptein John
Smit na sy span se nederlaag in Oktober gesê.
“Ek is nie te bekommerd nie,” het Lawrence aan Radio Sport
in Nieu-Seeland gesê, “maar in alle eerlikheid sal ek nie na Suid-Afrika gaan as daar
enige persoonlike dreigemente teen my is of as ek in gevaar sal wees nie.”
“Dit is net ‘n werk en ook net ‘n sport en ek gaan myself nie in
gevaar stel nie.”
– Vir die jongste sportnuus volg
Nuus24Sport op Twitter.
- AP