Lawrence erken hy fouteer met dáái wedstryd

2012-01-24 07:00
Tweets Share Share line Print

Auckland. – Die omstrede Nieu-Seelandse rugbyskeidsregter Bryce Lawrence het eindelik, drie maande ná die Wêreldbeker-rugbytoernooi in sy tuisland, uitgepraat oor sy aandeel in Suid-Afrika se kwarteindstryd-nederlaag teen Australië.

Lawrence het destyds behoorlik deurgeloop onder kenners en ondersteuners vir sy rol in die Wallabies se naelskraapse sege oor die Bokke.

Daar was veral ontevredenheid oor sy vertolking van die reëls by die afbreekpunte en dat die Bokke, wat die meeste van die besit gehad het, nie meer strafskoppe in hul guns gekry het nie.

Volgens Lawrence was die herrie wat om sy kop losgebars het “intens”.

“Ek het boodskappe op my Facebook-blad en rekenaar ontvang,” het Lawrence aan allblacks.com gesê.

“Loer oor jou skouer wanneer jy hier kom, want ek gaan jou uithaal. Ek kan nie wag vir jou om hier aan te kom sodat ek op jou kan spoeg nie,” het een van die boodskappe aan die blaser gelui.

“Ek was nie te bekommerd oor mense wat vir my sê hulle kan nie wag totdat ek Suid-Afrika toe kom sodat hulle op my kan spoeg nie. Dit kan op enige plek gebeur.”

Lawrence het gesê die moeilikste deel is die besef dat hy die wedstryd beter kon hanteer het.

“Die kritiek het my nie baie seergemaak nie omdat ek geweet het ek kon baie beter geblaas het.

“Ek het voor die kwarteindstryd ’n plan beraam om tydens die wedstryd nie te tegnies te wees nie, maar dit was moontlik nie die regte plan nie.”

Lawrence het erken die kritiek wat hom die seerste gemaak het, was toe mense hom beskuldig het dat hy met opset so swak geblaas het om die All Blacks te bevoordeel.

“Dit het regtig seergemaak toe die kritiek persoonlik begin raak het. Dis ’n aanval op jou integriteit en alles waarvoor jy staan.

“Ek aanvaar egter die kritiek dat ek beter moes doen. Ek het die wedstryd ontleed en besef dat ek ’n paar dinge gemis het, maar ’n mens kan nie te veel daarin lees nie. Ek het sekere goed net eenvoudig gemis. Dis nie asof ek dit raakgesien en besluit het om niks daaraan te doen nie.”

Volgens Lawrence kan hy nie almal tevrede stel nie.

“Daar is mense wat my voorkeer en sê ek doen goeie werk en moet aanhou daarmee.

“En dan is daar mense wat vir my sê ek is gemors. Vir wie moet ek luister?”

 – allblacks.com 

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: bryce lawrence  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
39 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... Hierdie seuns moet nog leer om Rugby voetbal te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.