Kurtley Beale terug vir Wallabies
2012-06-19 10:30
Sydney – Die veelsydige Wallaby Kurtley Beale is gekies om Saterdag in Sydney teen Wallis uit te draf.
Die polisie ondersoek tans 'n aanrandingsklag teen Beale ná hy glo twee weke gelede 'n uitsmyter by 'n hotel in Brisbane aangerand het.
Sy insluiting op heelagter beteken dat Adam Ashley-Cooper op vleuel in die plek van Cooper Vuna sal uitdraf.
So lyk die span:
15 Kurtley Beale, 14 Adam Ashley-Cooper, 13 Rob Horne, 12 Pat McCabe, 11 Digby Ioane, 10 Berrick Barnes, 9 Will Genia, 8 Wycliff Palu, 7 David Pocock, 6 Scott Higginbotham, 5 Nathan Sharpe, 4 Sitaleki Timani, 3 Sekope Kepu, 2 Tatafu Polota Nau, 1 Benn Robinson.
Plaasvervangers: 16 Stephen Moore, 17 Ben Alexander, 18 Rob Simmons, 19 Dave Dennis, 20 Michael Hooper, 21 Nic White, 22 Anthony Fainga’a.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24