Krisis wag oor kontrak

2010-01-20 11:14
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die kontrakdispuut tussen die Lions en die Sharks oor wie die “besitreg” het om Willem Alberts en Louis Ludik te kan kies, stuur op ’n krisis vir die twee begaafde spelers én die twee Super14-spanne af.

Dit kan trouens maande wees alvorens Alberts en Ludik sal kan speel as die geskil nie vinnig besleg word nie.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het gister uitsluitsel gegee oor die spelers se posisie deur te sê dat Alberts en Ludik nie vir die Sharks mag speel alvorens hulle nie hul vrystelling-sertifikate van die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) ontvang het nie. Dit geld vriendskaplike wedstryde én die Sanzar-reeks om die Super14-trofee.

Ludik is nog beseer, maar dit ontneem Alberts van sy kans om volgende week sy Sharks-buiging in ’n vriendskaplike wedstryd teen die Western Force in Kaapstad te maak.

Alberts en Ludik het reeds einde verlede jaar by die Sharks begin oefen en die KwaZulu-Natalse span het gehoop die spelers se GLRU-kontrakte kan nietig verklaar word.

Die GLRU betwis die Sharks se bewerings dat die spelers se kontrakte ongeldig is en volhard om te sê Alberts en Ludik is nog Lions-spelers met Lions-verpligtinge.

Verlede jaar het ’n soortgelyke kontrak-dispuut tussen die GLRU en die Westelike Provinsie oor die dienste van Jaque Fourie op arbitrasie uitgeloop, maar ’n beslissing was eers ná maande in ink en Fourie het in dié tyd vir geen unie rugby gespeel nie.

Die Sharks se uitvoerende hoof, Brian­ van Zyl, wou hom vandeesweek op SA Rugby beroep om die vrystelling-sertifikate by die GLRU te eis, aangesien die Sharks die spelers reeds betaal.

Maar volgens Christo Ferreira, hoof van Saru se regsake, gaan Saru nie tussenbeide tree in die dispuut nie.

“Maar ons regulasies sê wel dat ’n speler nie vir ’n nuwe provinsie in ’n vriendskaplike óf kompetisie-wedstryd mag speel voor hy nie deur die vorige unie vrygestel is nie,” het Ferreira gesê.

  • Die 23-jarige Ludik, een van Suid-Afrika se mees opwindende agterspelers, het gister gesê hy het nog “’n week of twee” se rehabilitasie oor voordat hy saam met die Sharks op die veld gaan begin oefen.

Hy het verlede jaar sy knie ernstig in die Lions se wedstryd teen die Britse en Ierse Leeus beseer.

“Ek sal seker oor sowat ’n maand weer kan speel, maar gaan dalk eers Vodacombeker-rugby speel om skerper te word.

“Maar ek is honger om weer te speel,” het Ludik gesê.


- Beeld

- Beeld

Lees meer oor: rugby  |  lions  |  sharks  |  super 14

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... Hierdie seuns moet nog leer om Rugby voetbal te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.