‘Kopskuif beter as kopskerm’

2011-12-21 08:29
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Daar bestaan geen bewyse dat rugbykopskerms die kans op harsingskudding verminder nie.

Kommer oor die voorkoms en behandeling van harsingskudding was van die hoofbesprekingspunte op die Internasionale rugbyraad (IRR) se mediese beraad in November in Londen.

Intussen het die IRR ’n interaktiewe opvoedkundige webwerf (www.irbplay-erwelfare.com) begin waarop riglyne vir die behandeling van spelers met harsingskudding beskikbaar is.

Behandeling blyk egter nog ’n makliker onderwerp as voorkoming te wees.

Die IRR se hernieude pogings het die kollig gewerp op navorsing wat hy in 2008 befonds het.

Professor Caroline Finch van die Universiteit van Monash in Australië en ’n kenner op die gebied van sportbeserings, was daarby betrokke.

Sy het onlangs op die webwerf www.theconversation.edu.au verwys na daardie navorsing, wat toe onder 4 000 rugbyspelers oor 30 000 speelure gedoen is.

Rofweg ’n derde van die deelnemers het met goedgekeurde kopskerms van die IRR gespeel, ’n derde met aangepaste kopskerms met dikker wande en die res waarmee ook al hulle gewoonlik gespeel het.

“Ons het gevind dat daar absoluut geen afname was in die voorkoms van kopbeserings of harsingskudding onder spelers met kopskerms nie – nie eens onder dié wat met dikker kopskerms speel nie,” het Finch onlangs gesê.
Uitwendige skete soos snye en blomkoolore kan wel só verminder word.

Finch het bygevoeg dat sommige spelers veiliger voel met kopskerms aan en dat dit ’n geldige rede is om dit aan te skaf.

Maar omdat daar volgens die navorsing tans geen bewyse is dat dit harsingskudding voorkom nie, moet spelers nie verplig word om daarmee te speel nie.

Volgens haar moet rugbyreëls op skolevlak liefs aangepas word sodat die nodige vaardighede met minder kontak ontwikkel kan word totdat die spelers kognitief en fisiek opgewasse is vir die stampe en stote van ’n rowwe sport soos rugby.

Berrick Barnes, ’n agterspeler van die Wallabies, se loopbaan is vroeër vanjaar so byna weens herhaalde harsingskudding kortgeknip. Hy het al ’n beroep op die IRR gedoen om dikker kopskerms toe te laat.

’n Kopskuif in hoe rugby op skolevlak aangebied word, is egter volgens Finch die beste en ’n volhoubare manier om toekomstige Barnes-gevalle te voorkom.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: rugby  |  beserings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... Hierdie seuns moet nog leer om Rugby voetbal te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.