Kommer oor 'krisis in Bulle se rugby'

2011-09-06 09:07
Tweets Share Share line Print

Pretoria – “Die Blou Bulle is besig om roekeloos met hul wenkultuur te werk.”

Dít was een van die menings wat ’n oud-Bul-rugbyspeler Maandag aan Sport24 gegee het toe hy oor die span se swak Curriebeker-veldtog tot nou gevra is.

Die voormalige spelers sê hoewel hulle die Bulle diep in die hart dra, glo hulle dat dié span ondanks die afwesigheid van sy voorste Springbokke beter spel aan ondersteuners verskuldig is.

“Ek weet nie. Dit lyk of hulle besig is om daardie wenkultuur te verloor en glo my, dit is nie iets wat jy weer maklik terugkry nie,” het Krynauw Otto gesê.

“Heyneke (Meyer) het destyds lank gewerk om dit weer gevestig te kry.”

Die Bulle is ná agt van hul veertien ligawedstryde in die Curriebeker-reeks in die sesde plek en hul volgende drie teenstanders is die Vrystaat-Cheetahs, die Westelike Provinsie en die Leeus. Nog ’n nederlaag kan fataal wees.

Otto noem dit ’n “krisistyd” in Bulle-rugby en vergelyk die huidige situasie met die een in 1993 toe verskeie ervare spelers, onder wie Uli Schmidt, vir ander unies gaan speel het.

“Dit is goed om jongelinge kanse te gee en van die outjies soos Louis Fouché (losskakel) gryp hul kanse aan. Maar jy moes die outjies een vir een laat deurkom het,” het hy gesê.

“Die Leeus het die laaste jare gewys dat dit goed en wel is om ’n klomp jong outjies vol bravade in te gooi, maar dit is nie ’n wenresep nie tensy jy ’n fantastiese afrigter het.”

Otto wonder ook hoe die oudbreiers Frans Ludeke en Meyer tans betrokke is.

Die Blou Bulle Rugbyunie het sy afrigtingstrukture voor 2011 se Curriebeker-reeks verander deur Ludeke uitsluitlik as die Bulls se Super Rugby-afrigter te behou en hy is ook hoof van die BBRU se beroepsrugby-afdeling.
Meyer is as rugbyhoof aangestel.

“Pine (Pienaar, Blou Bul-afrigter) het ’n baie moeilike werk geërf. Heyneke kon maklik nog vir ’n jaar of twee die span afgerig het sodat jy Pine stadig kon inbring,” het Otto gesê.

“Nou het jy buiten nuwe spelers ook ’n nuwe afrigter. En as daar boonop steeds ’n paar ervare spelers in die span is, is dit juis moeilik vir ’n jong onervare afrigter om sy stempel heeltemal af te druk.”

Pienaar, wat die Vrystaat se jong spanne met sukses afgerig het, was ook die hulpafrigter van die SA o.20-span voordat hy by die Bulle betrek is.

Deon Oosthuyzen, ’n voormalige Bul-vleuel, het gesê dit is moeilik om die nuwe Bul-breier te kritiseer en verskeie kenners glo die 32-jarige Pienaar is deur die BBRU vir die wolwe gegooi.

“Wat moes hy (Pienaar) doen noudat al die ou spelers weg is? Nou bring hulle ’n onervare ou in. Vir my is die knelpunt juis dat hulle ’n ervare afrigter moes aanstel omdat die span nou onervare is,” het Oosthuyzen gesê.

“Dit sou nog maklik gewees het as jy skielik van Bakkies (Botha) en Victor (Matfield) se ervaring kon tap.

“Ek dink as hulle nog een wedstryd verloor, moet hulle maar die jong spelers verder inspan. Jy kan hulle nie eers in die Super Rugby-reeks wil hard maak nie.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... Hierdie seuns moet nog leer om Rugby voetbal te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.