Kockott nie skuldig aan vuilspel
2009-07-29 18:06
Johannesburg – Rory Kockott, skrumskakel van die Sharks, is Woensdag vrygespreek van vermoedelike vuilspel.
Kockott is gedagvaar nadat hy in verlede naweek se Absa Curriebeker-wedstryd sy knieë in Blou Bul Wilhelm Steenkamp se gesig gedruk het.
Sy verhoor het in die KwaZulu-Natal Rugby Unie se kantore in Durban voor regterlike beampte Dekker Govender plaasgevind.
Kockott is deur Rudolf Straeuli, sy regsverteenwoordiger, bygestaan.
Govender het die beskikbare bewyse nagegaan en beslis dat Kockott nie met opset sy knieë teen Steenkamp se gesig gedruk het nie.
Die Sharks-skrumskakel is vrygespreek van enige vuilspel.
Kockott is gekies vir die span wat Vrydag in Bloemfontein teen die Cheetahs sal uitdraf.
- Sapa