Kiwi's wys nuwe gesigte vir Skotland-toets
2012-11-09 12:31
Edinburg – Die All Blacks se afrigter, Steve Hansen, het 'n nuwe middelveld-kombinasie onthul as deel van grootskaalse veranderings aan die span wat Sondag teen Skotland in Edinburg uitdraf.
Die veteraan-senters Ma'a Nonu en Conrad Smith word deur Tamati Ellison en sy spanmaat by die Highlanders Ben Smith in die vyftiental vervang.
Hosea Gear maak plek vir Julia Savea op vleuel en Piri Weepu vervang Aaron Smith in die nr. 9-trui, terwyl Adam Thomson in die flank-posisie uitdraf.
Alhoewel Richie McCaw Sondag die kapteinsarmband sal dra behoort Kieran Read na verwagting die All Blacks volgende week teen Italië op die veld te lei.
Nieu-Seeland:
15 Israel Dagg, 14 Cory Jane, 13 Ben Smith, 12 Tamati Ellison, 11 Julian Savea, 10 Daniel Carter, 9 Piri Weepu, 8 Victor Vito, 7 Richie McCaw (kaptein), 6 Adam Thomson, 5 Sam Whitelock, 4 Luke Romano, 3 Owen Franks, 2 Andrew Hore, 1 Wyatt Crockett
Plaasvervangers: 16 Dane Coles, 17 Tony Woodcock, 18 Ben Franks, 19 Ali Williams, 20 Sam Cane, 21 Tawera Kerr-Barlow, 22 Beauden Barrett, 23 Ma'a Nonu
Skotland:
15 Stuart Hogg, 14 Sean Lamont, 13 Nick de Luca, 12 Matt Scott, 11 Tim Visser, 10 Greig Laidlaw, 9 Mike Blair, 8 Kelly Brown (kaptein), 7 Ross Rennie, 6 Alasdair Strokosch, 5 Jim Hamilton, 4 Richie Gray, 3 Geoff Cross, 2 Ross Ford, 1 Ryan Grant
Plaasvervangers: 16 Scott Lawson, 17 Allan Jacobsen, 18 Kyle Traynor, 19 Alastair Kellock, 20 David Denton, 21 Henry Pyrgos, 22 Ruaridh Jackson, 23 Max Evans
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24