Kiwi's blameer losskakel vir nederlaag

2010-11-01 12:34
Tweets Share Share line Print

Wellington - Die messe is in Nieu-Seeland uitgehaal vir die plaasvervanger-losskakel Stephen Donald, wat die sondebok gemaak is in die All Blacks se nederlaag van 24-26 teen die Wallabies in Hongkong.

Voormalige All Black-spelers, Sean Fitzpatrick en Richard Loe, het die meeste oor Donald se vertoning in die Bledisloe-toets te sê gehad.

"Stephen Donald, ek's jammer om dit wéér te sê, is net nie All Black-kwaliteit nie, het Loe in sy Herald on Sunday-rugbyrubriek gesê.

Fitzpatrick het gesê Donald het dalk op provinsiale vlak vir Nieu-Seeland uitgeblink. "Maar toetsrugby is 'n groot stap na boontoe. En ek dink hy het tekort geskiet," het die voormalige kaptein gesê.

Die toets in Hongkong het 'n einde gebring aan die All Blacks se onoorwonne 15 wedstryde na mekaar.

Na 'n stadige begin waar hulle met 0-12 agter was, het dit gelyk asof die All Blacks die toets gewen het met die telling skielik 24-12 en 15 minute speeltyd oor.

Breier Graham Henry het het die ster-losskakel Dan Carter in die 60ste minuut met Donald vervang en dit is toe dinge begin skeefloop het. Carter was skaars van die veld toe vleuel Drew Mitchell 'n drie gedruk het om die telling 24-19 te maak.

Met tyd amper verstreke het Donald met 'n maklike strafskop misluk. Kort daarna het hy 'n bal wat vir die kantlyn bedoel was nie uitgeskop nie. Dié fout het die Wallabies met 'n teenaanval laat begin en uiteindelik in die wendrie geëindig.

"Dit het alles met druk te doen. As Donald nie tyd en spasie gegee word nie dan sukkel hy," het die radio-omroeper Murray Deaker gesê.

Fitzpatrick het gesê dit is duidelik dat die All Black-keurders nog nie 'n geskikte plaasvervanger vir Carter gevind het nie. Hy was ook verbaas dat jong spelers soos Colin Slade en Aaron Cruden nie gekies is om saam met die All Blacks te toer nie.

Die joernalis Gregor Paul het in die Herald on Sunday geskryf dat daar definitiewe ooreenkomste tussen Saterdag se wedstryd en die All Blacks se nederlaag teen Frankryk in die kwarteindronde van die 2007 Wêreldbeker was.

"In daardie laaste paar minute was dit moeilik om nie terug te dink aan Cardiff drie jaar gelede nie. Die All Blacks onder druk en nie in staat om helder te dink nie," het Paul geskryf.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24  


Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... Hierdie seuns moet nog leer om Rugby voetbal te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.