Kings se spoedvraat op krukkelys
2012-10-19 08:53
Kaapstad – Die OP Kings sal Vrydag sonder hul vleuel Marcello Sampson in die promosie-relegasie-wedstryd teen die Cheetahs in Bloemfontein uitdraf.
Die spoedvraat het 'n liesbesering tydens Donderdag se kapteinsoefening opgedoen en sal deur Michael Killian in die vyftiental vervang word.
Sampson sluit hom by die kaptein Luke Watson, slot Darron Nell, stut Schalk Ferreira en veelsydige agterspeler Tiger Mangweni op die beseringslys aan.
Die Kings sal teen 'n verswakte Vrystaat-span uitdraf, wat sonder 13 van hul eerstekeuse spelers insluitende die Springbokke Coenie Oosthuizen, Heinrich Brussow en Johan Goosen is.
Alan Solomons, die Kings se direkteur van rugby, hou egter vol dat die gasheerspan steeds die gunstelinge is.
Afskoptyd in Bloemfontein is om 19:00.
Spanne:
Cheetahs:
15 Hennie Daniller, 14 Nico Scheepers, 13 Robert Ebersohn, 12 Andries Strauss, 11 Raymond Rhule, 10 Sias Ebersohn, 9 Sarel Pretorius, 8 Phillip van der Walt, 7 Lappies Labuschange, 6 Hendro Scholtz, 5 Izak van der Merwe, 4 Francois Uys, 3 Ross Geldenhuys, 2 Adriaan Strauss (kaptein), 1 Marcel van der Merwe
Plaasvervangers: 16 Hercu Liebenberg, 17 Schalk van der Merwe, 18 Carl Wegner, 19 Davon Ruabenheimer, 20 Tewis du Bruyn, 21 Phillip Snyman, 22 Rayno Benjamin.
OP Kings:
15 SP Marais, 14 Paul Perez, 13 Wayne Stevens (kaptein), 12 Shane Gates, 11 Michael Killian 10 Wesley Dunlop, 9 Falie Oelschig, 8 Cornell Du Preez, 7 Wimpie van der Walt, 6 Devin Oosthuizen, 5 David Bullbring, 4 Reynier Bernardo, 3 Clint Newland, 2 Hannes Franklin, 1 Jaco Engels.
Plaasvervangers: 16 Frank Herne, 17 Andre Schlechter, 18 Wayne van Heerden, 19 Mpho Mbiyozo, 20 Scott Mathie, 21 George Whitehead, 22 Norman Nelson.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.