Kings kry dalk nie vir Michael Claassens

2010-12-20 12:22
Tweets Share Share line Print

Port Elizabeth - Die kans dat die Oostelike Provinsie-Kings daarin gaan slaag om die voormalige Springbok-skrumskakel Michael Claassens Baai toe te lok, word al hoe kleiner.

Claassens het Saterdag sy gewone goeie, vurige spel vir sy Britse klub, Bath, in die Heinekenbeker-rugbyreeks teen Ulster gelewer.

Ulster het dié kragmeting, waarin die Bok-losskakel Butch James met ’n geelkaart afgestuur is, met 26-22 gewen.

James is gepos toe hy by ’n onderonsie tussen Claassens en Ulster se kaptein, die oud-Springbok-slot Johann Muller, ingemeng het.

Hoewel die Kings sterk na Claassens vry, het Bath se bestuur aangedui dat alles moontlik gedoen sal word om dié skrumskakel te behou.

Bath het reeds die omstrede losvoorspeler Luke Watson aan die Kings afgestaan en James is glo op pad na die Lions.

Die Engelse losskakel Jonny Wilkinson is op sy beurt volgens Sapa-AFP glo op die punt om sy kontrak met sy Franse klub, Toulon, tot 2013 te verleng.

Toulon het London Irish Saterdag met 38-17 kafgedraf, maar Wilkinson het ’n ruskans gekry.

In sy afwesigheid het die Argentyn Felipe Contepomi as losskakel uitgeblink.

Hy het ’n drie gedruk en 13 punte met die skoen aangeteken.

In die kragmeting tussen Llanelli en Treviso kon Willem de Waal nie verhoed dat Treviso met 15-38 verloor nie.

De Waal kon net ’n strafdoel en ’n doelskop behaal.

Brendan Venter, Saracens se eksentrieke afrigter, het intussen vir ’n verandering ’n sinvolle onderhoud met joernaliste gevoer ná sy span se oorwinning van 19-14 Vrydag oor Racing Metro.

“Dit was ’n goeie eerste helfte vir ons, maar ons was in die tweede helfte nie takties so skerp gewees nie,” het hy aan Sky Sports 3 gesê.

“Dit was oor wie die beste in die toestande (sneeu) kon speel en in die eerste helfte het ons dit baie goed gedoen.

“In die tweede helfte het ons twee sagter drieë afgestaan, maar die manne het briljant gedoen deur voort te veg,” aldus Venter. 

- Volg Nuus24 Sport op Twitter.

Lees meer oor: rugby  |  kings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Dante sê... Ek moet darem vir die Stormers n lansie breek. Jy sal opmerk dat al die spanne hul spelpatroon drasties wysig wanneer hulle teen die Stormers speel. Almal (selfs die Crusaders) het skoptaktiek gebruik toe hulle teen ons speel. Dit dwing die Stormers om die veilige opsie te neem en die wedstryde "versigtig" af te sluit. Ons speel ook geweldig baie 7-uur wedstryde en die veld is gevolglik baie nat. Glo my, die Stormers gaan, wanneer hulle teen die bulletjies op n droë Loftus speel, baie hardloop. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: °C
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.