Kings sal teen groot kanonne moet staal wys
2012-10-24 12:28
Kaapstad – Die afrigter van die Cheetahs, Naka Drotské, het sy span aangekondig wat Vrydag in die tweede promosie-relegasie-wedstryd teen die OP Kings op die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth uitdraf.
Rayno Benjamin en Philip Snyman sal Nico Scheepers, wat na die plaasvervangerbank skuif, en die beseerde Andries Strauss in die agterlyn vervang.
Die losskakel Sias Ebersohn het van 'n besering herstel om vir die laaste keer in die Vrystaat-trui uit te draf, voor hy sy tasse vir Perth pak om by die Western Force aan te sluit.
Davon Raubenheimer vervang Lappies Labuschagne in die flank-posisie.
Die enigste ander verandering op die reserwebank is Barry Geel se insluiting as plaasvervanger-opsie vir die middelveld.
So lyk die span:
15 Hennie Daniller, 14 Rayno Benjamin, 13 Robert Ebersohn, 12 Philip Snyman, 11 Raymond Rhule, 10 Sias Ebersohn, 9 Sarel Pretorius, 8 Phillip van der Walt, 7 Davon Raubenheimer, 6 Hendro Scholtz, 5 Izak van der Merwe, 4 Francois Uys, 3 Ross Geldenhuys, 2 Adriaan Strauss (kaptein), 1 Marcel van der Merwe.
Plaasvervangers: 16 Hercu Liebenberg, 17 Schalk van der Merwe, 18 Carl Wegner, 19 Hendrik Venter, 20 Tewis du Bruyn, 21 Barry Geel, 22 Nico Scheepers.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24