Kings katrol nog groot visse in

2010-09-07 07:58
Tweets Share Share line Print

Port Elizabeth - Die voormalige Lions- en Leeus-slot Willem Stoltz sal dalk al so gou as Vrydagaand vir die rugbyspan van die Oostelike Provinsie-Kings speel.

Die Kings speel hier in die Nelson Mandelabaai-stadion teen die Boland-Kavaliers in ’n wedstryd in die Curriebeker-reeks se Eerste Liga.

Stoltz (35), wat 2.08 m lank is en 115 kg weeg, is ’n ervare kalant wat al byna 200 provinsiale wedstryde gespeel het.

Hy het gister in nat weer saam met sy nuwe spanmaats geoefen.

Dit het gelyk of hy Lungelo Payi se slotmaat teen die Kavaliers kan wees met een van Brendon Snyman en Nolan Clarke wat as die plaasvervanger-slot gekies kan word.

Snyman het twee weke gelede na vore getree as die beseerde Rory Duncan se plaasvervanger.

Of Stoltz dit kan doen, moet nog gesien word.

Hy was lank laas in aksie, maar dat hy ’n teenwoordigheid op die veld het, kan niemand oor stry nie.

Nog ’n nuwe gesig by die oefening was dié van die losskakel Len Olivier.

Olivier, wat al vir die Blou Bulle, Valke en die Haaie uitgedraf het, sal dalk as ’n plaasvervanger kans kry.

Die vurige flank Jacques Potgieter sukkel met ’n ligte skouerbesering, maar behoort reg te wees om die Kavaliers te pak.

Mpho Mbiyozo oefen ook weer voluit nadat hy verlede week met seer ribbe gesukkel het.

Intussen het een van die mees swak bewaarde geheime gister op die lappe gekom toe daar op facebook daaroor berig is.

Dit is dat die Blou Bulle se kaalkop-voorryman Jaco Engels in 2011 vir die Kings kom speel.

Engels was juis die naweek een van die Bulle se groot uitblinkers teen die Haaie. Hy het onder meer ’n drie gedruk.

Hy het verlede jaar vir die Southern Kings, wat deur Solomons afgerig is, teen die Britse en Ierse Leeus gespeel en toe is daar al uit OP-bestuursgeledere die wens uitgespreek dat hy Baai toe kan verhuis.

Solomons se lippe is, soos altyd oor sulke sake, gesluit.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24
 
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

David sê... Barend Die papsakkers is eintlik die tuiste vir die 'newwir wozzers'. 'n 'Has been' is te skaam om in passiongapland te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.