'Kings en Cheetahs sal nie saamsmelt'

2011-11-28 10:01
Tweets Share Share line Print

BLOEMFONTEIN. – Die Cheetahs se kanse om as sentrale streekrugbyspan te oorleef, is beter as wat mense dink.

Só sê Harold Verster, besturende direkteur van die Cheetahs-Maatskappy en president van die Vrystaatse rugbyunie (VRU), in reaksie op gerugte oor ’n moontlike samesmelting tussen die Sou­thern Kings en die Cheetahs in 2013.

Sport24 verneem een van die baie keuses wat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het, is om dié twee spanne as ’n streekspan vir Super-rugby te laat saamsmelt. Saru moet oor twee jaar vir die Kings plek maak en dié aangeleentheid word vroeg aanstaande jaar bespreek.

Volgens Verster het die Cheetahs ’n sterk saak om ’n franchise te bly en hy het sprake van ’n samesmelting ontken. “Daar is baie onsekerheid oor 2013. Die kanse dat die Cheetahs sal oorleef, is beter as wat mense dink. Daar is geen sprake dat ons en die Kings gaan saamsmelt nie.”

Hy sê die Cheetahs bestaan uit drie unies – die Griffons, Griekwaland-Wes en die Vrystaat – en is eintlik die enigste ware Suid-Afrikaanse streekspan.

Die Cheetahs het die afgelope paar jaar ’n hele paar spelers van die Poubloues gebruik, terwyl ander plaaslike franchises feitlik dieselfde spelers as in die Curriebeker-reeks gebruik het.

Verster sê daar is slegs een franchise wat die sentrale deel van Suid-Afrika verteenwoordig, terwyl die Bulls en die Lions byvoorbeeld na aan mekaar is.

Hy meen ook die Noord-Kaapse- en Vrystaatse regering staan bankvas agter die Cheetahs.

Sport24 verneem Saru het ’n paar keuses wat die Kings betref. ’n Nuwe tenderproses vir streke wat Suid-Afrika verteenwoordig, kan volg. Dit kan ook tot die herindeling van streke lei. Die plaaslike span wat outomaties uitval as hy aanstaande jaar laaste eindig; of promosie en relegasie ná aanstaande jaar se reeks, waar die onderste Suid-Afrikaanse span op die puntelys vir die Kings plek maak, kan ook oorweeg word.

Volgens Verster is dit logisties onmoontlik vir die Kings en die Cheetahs om saam te speel. “Daar is min vlugte tussen Bloemfontein en Port Elizabeth en ’n mens kan ook nie elke keer sowat 650km ver ry nie.

“Ons het voorheen saam met die Leeus vir die Cats gespeel, maar dit het vanweë logistieke probleme nie gewerk nie.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... Hierdie seuns moet nog leer om Rugby voetbal te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.