Kieran Read lei All Blacks teen Italië
2012-11-15 11:15
Kaapstad – Kieran Read sal die All Blacks in Saterdag se toets teen Italië in Rome lei.
Read vervang Richie McCaw, wat 'n ruskans kry, in die agsteman-posisie.
Die All Blacks se afrigter, Steve Hansen, het 14 veranderings gemaak aan die span wat Skotland laas naweek met 51-22 verniel het.
So lyk die span:
15 Beauden Barrett, 14 Hosea Gear, 13 Conrad Smith, 12 Ma’a Nonu, 11 Julian Savea, 10 Aaron Cruden, 9 Aaron Smith, 8 Kieran Read (kaptein), 7 Sam Cane, 6 Liam Messam, 5 Brodie Retallick, 4 Ali Williams, 3 Charlie Faumuina, 2 Keven Mealamu, 1 Tony Woodcock.
Plaasvervangers: 16 Dane Coles, 17 Wyatt Crockett, 18 Ben Franks, 19 Sam Whitelock, 20 Victor Vito, 21 Tawera Kerr-Barlow, 22 Dan Carter, 23 Cory Jane.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Keo