Keegan Daniel Haaie se CB-kaptein
2011-07-12 15:26
Durban – Die losvoorspeler Keegan Daniel is Dinsdag as kaptein van die Natalse Haaie, vir die komende Curriebeker-seisoen gekies.
John Plumtree se span is erg ontwrig deur nasionale rugbydiens met 16 van hul spelers wat deel van die Springbokke se Drienasies- en Wêreldbeker-groep.
"Met al die ervaring wat nou uit die span is, wil ek vir Keegan die geleentheid gee om sy stempel op die span en die franchise af te druk," het die Durbaniete se afrigter, John Plumtree, tydens Dinsdag se aankondiging gesê.
Die strydros Stefan Terblanche is as onderkaptein gekies.
Die Haaie is die verdedigende Curriebeker-kampioene nadat hulle WP in verlede jaar se eindstryd geklop het.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.