Kaart sink Wallis

2011-12-04 09:00
Tweets Share Share line Print

Cardiff – ’n Geel kaart vir die Walliese heelagter, Leigh Halfpenny, was Saterdagdie doodsklok vir Wallis se begeerte om sy Wêreldbeker-nederlaag teen Australië te wreek.

Australië het die tuisspan hier met 24-18 pak gegee nadat Wallis ná 50 minute nog voorgeloop het.

Nadat Halfpenny gestraf is toe hy James O’Connor sonder die bal gespeel het, het drie gedoelde drieë in sy afwesigheid ’n einde gemaak aan enige sprake van ’n gedenkwaardige afskeid vir die uitstaande Wallis-vleuel Shane Williams.

Die wedstryd het lewendig begin, maar algaande in ’n skop-kompetisie ontaard. Die hardwerkende Williams was oudergewoonte indrukwekkend, maar het nie kans gekry om sy ware vir oulaas behoorlik op die toetstoneel uit te stal nie.

Hy het nietemin paslik kort voor die eindfluitjie aan die verkeerde kant opgeduik vir sy 58ste drie in 87 toetse, wat die eindtelling heel respektabel gemaak het.

Dit het aanvanklik gelyk of sy voorspelers – woes uitgedun weens beserings – sy middag lekker gaan maak. Wallis het deurentyd ingeklim en die tweestryd tussen Sam Warburton en David Pocock losbal toe was intens.

Hoewel die Wallabies hul kanse gehad het, het die tuisspan syne beter benut en kon hy met ’n voorsprong van 6-3 gaan draai.

Toe Pocock boonop weens ’n besering nie ná rustyd op die veld verskyn het nie, het dit gelyk of vetsmeer die Aussies se voorland is.

Maar Will Genia verstaan die kuns om ’n wedstryd te bestuur en hy het sy span op die voorvoet gehou, totdat Halfpenny eindelik onder druk sy fatale blaps begaan het.

Dit was die doodskoot – die Wallabies het, buiten ’n vroeë strafdoel deur O’Connor, ál hul punte behaal teen 14 spelers.

Genia, Lachie Turner en die ewe indrukwekkende Berrick Barnes het die drieë ingeryg, met O’Connor se skopvoet eindelik sekuur ná ’n vroeër gesukkel.

Vanaf 6-3 het Wallis hom skielik vasgestaar in ’n agterstand van 6-24, maar met minder as ’n kwart van die wedstryd oor, het die jong span gewys dat sy Wêreldbeker-gees nie tydelik was nie en het hulle aanhou probeer, totdat Williams se swanesang die eindtelling darem meer realisties kon maak.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

– Sport24

Lees meer oor: wallis rugby  |  rugby  |  wallabies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Karl sê... Hierdie seuns moet nog leer om Rugby voetbal te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.