Juan gaan nié sy Bok-stewels ophang

2011-08-28 09:30
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Juan Smith het die vrese besweer dat hy sy laaste rugbytoets vir Suid-Afrika gespeel het.

Dié veteraan van 69 toetse, wat die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland weens ’n haksening-besering gaan misloop, het aan Sport24 gesê dat hy nie meer planne het om sy toetsstewels ná vanjaar te bêre nie.

Smith (30) het verlede jaar op die Springbokke se toer van Brittanje en Ierland gesê dat hy beplan om toetsrugby ná vanjaar se WB-toernooi vaarwel toe te roep.

“Ek het te vinnig gepraat en ek sal graag vir nog ’n jaar of twee vir die Bokke wil speel. Hierdie jaar uit rugby het my baie ruskans gegee,” sê dié veteraan-flank.

Juan was in ’n goeie luim toe Sport24 die afgelope week met hom gesels het, maar hy is steeds hartseer dat hy nie die Bokke kan help om hul wêreldkroon te verdedig nie.

“Jy speel nie in twee WB-toernooie om ’n derde een mis te loop nie. Ons het egter steeds ’n sterk span en ek dink daar is ’n goeie kans dat Suid-Afrika dié toernooi gaan wen.

“Ek glo nie ek sal ooit oor die teleurstelling kom dat ek dit gaan misloop nie, maar ek is nie ’n ou wat myself jammer kry nie. Jy moet jou denkrigting skuif en jou met iets buite rugby besig hou. Ek bestee tyd aan my skaapboerdery.”

Nieu-Seeland is wéér die oorweldigende gunsteling om die WB-toernooi te wen en staan moontlik breed in Suid-Afrika se pad in die halfeindronde. Tog meen Smith die Bokke behoort as gunsteling beskou te word.

“Dis verbasend dat daar van die All Blacks as die gunsteling gepraat word. Hulle vaar goed in die Drienasiesreeks, maar hulle kon in vorige WB-toernooie nie die druk hanteer nie.

“Ek glo ons is saam met Australië die gunsteling. Ons hét spelers met die temperament en ervaring vir dié toernooi.”

Juan vra Suid-Afrikaners ook om agter die Bokke se kaptein, John Smit, te staan.

Smit ding met Bismarck du Plessis om die haker-posisie mee – en Juan meen dit word as ’n groter kwessie uitgemaak as wat dit werklik binne spanverband is.

“Jy kan nie John se ervaring weggooi nie. Albei bied geweldig baie vir die span. Ek dink albei is professioneel genoeg om te sien wat die beste vir die span is.

“Daar is onnodige kritiek teenoor John. Sy lynstane en skrumwerk is baie goed wanneer hy op haker is. John het baie vir Suid-Afrika gedoen en dis hartseer as ’n land so teen ’n speler draai. Ek sal wil sien dat mense agter hom staan.”

Juan sê wél dat Bismarck tans “bogemiddelde goeie rugby” speel.

Die Bok-groep is wel deurspek met ervare spelers en etlike senior spelers wat leiding kan gee.

“Dís waarom dit so lekker is om vir die span te speel. Dis belangrik vir ’n span om verskeie leiers op die veld te hê. John is vir ons die oorkoepelende leier.”

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: juan smith  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.