Josh Strauss op slot vir Leeus
2012-08-28 22:23
Johannesburg – Die afrigter van die Goue Leeus, Johan Ackerman, het vyf veranderings aan die span gemaak wat Vrydagaand teen die Griekwas op Coca-Colapark in Johannesburg uitdraf.
CJ van der Linde vervang die beseerde Jacobie Adriaanse op vaskopstut.
Joshua Straus sal vanaf die regtervleuel-posisie na slot skuif om Hendrik Roodt, wat ook beseer is , te vervang. Kobus Grobbelaar, wat na die plaasvervangerbank skuif, maak plek vir Jaco Kriel op flank.
Willie Britz maak sy debuut in die nr. 7-trui.
Agterlangs is Ross Cronje in die plek van Michael Bondesio op skrumskakel gekies.
Afskoptyd Vrydagaand is om 19:10.
So lyk die span:
15. Andries Coetzee, 14. JR Esterhuizen, 13. Lionel Mapoe, 12. Butch James, 11. Anthony Volmink, 10. Elton Jantjies, 9. Ross Cronje, 8. Warren Whiteley, 7. Willie Britz, 6. Jaco Kriel, 5. Franco van der Merwe, 4. Joshua Strauss, 3. CJ Van der Linde, 2. Bandise Maku, 1. JC Janse van Rensburg (kaptein). Plaasvervangers: Martin Bezuidenhout, Ruan Dreyer, Michael Rhodes, Cobus Grobbelaar, Michael Bondesio, Alwyn Hollenbach, Deon Helberg.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.