Jong slot vervang seer Sykes
2012-09-06 09:48
Durban – Die Haaie se breier, John Plumtree, het een noodgedwonge verandering gemaak vir Saterdag se Curriebeker-kragmeting met die Griekwas in Kimberley.
Die slot Steven Sykes het 'n ribbesering en word deur Jandré Marais in die beginspan vervang.
Tim Whitehead, Pieter-Steph du Toit en JP Pietersen is almal steeds op die krukkelys, maar behoort binne drie tot vier weke terug te wees op die rugbyveld.
Die Durbaniete, wat tans bo-aan die Curriebeker-punteleer is, het hul laaste twee wedstryde in Kimberley verloor.
Afskoptyd Saterdag is om 15:00.
Spanne:
Griekwas: 15 Willie le Roux, 14 Luzuko Vulindlu, 13 Jean Stemmet, 12 Walter Venter, 11 Rocco Jansen, 10 Francois Brummer, 9 Marnus Hugo, 8 Leon Karemaker, 7 Wesley Wilkins, 6 Marnus Schoeman, 5 Martin Muller, 4 Ligtoring Landman, 3 Lourens Adriaanse, 2 Ryno Barnes (kaptein), 1 Steph Roberts
Plaasvervangers: 16 Simon Westraadt, 17 Ivann Espag, 18 Frikkie Spies, 19 Justin Downey, 20 Jacques Coetzee, 21 Marnitz Boshoff, 22 Richard Lawson
Haaie: 15 Louis Ludik, 14 Odwa Ndungane, 13 Paul Jordaan, 12 Meyer Bosman, 11 S'bura Sithole, 10 Riaan Viljoen, 9 Charl McLeod, 8 Keegan Daniel, 7 Jean Deysel (kaptein), 6 Jacques Botes, 5 Anton Bresler, 4 Jandre Marais, 3 Wiehahn Herbst, 2 Monde Hadebe, 1 Dale Chadwick.
Plaasvervangers: 16 Pieter Dixon, 17 Julian Redelinghuys, 18 Peet Marais, 19 Francois Kleinhans, 20 Brynard Stander, 21 Cobus Reinach, 22 Marius Joubert.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.