Jong Bokkies begin met voorbereidings
2013-01-08 12:12
Kaapstad – Suid-Afrika se o/20-span sal in Januarie opwarmingswedstryde teen drie Wes-Kaapse universiteite speel ter voorbereiding vir die IRR Junior Wêreldtoernooi.
Dawie Theron, afrigter van die Jong Bokkies, het 34 spelers vir sy oefenkamp aangekondig.
Die Jong Bokkies is die verdedigende IRR Junior Wêreldtoernooi-kampioene en sal hul titel in Junie in Frankryk verdedig.
Die kamp sal van die 14de tot die 27ste Januarie in Stellenbosch plaasvind. Die eerste wedstryd word op 18 Januarie teen die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) gespeel, met wedstryde teen die Universiteit Stellenbosch (Maties) op 23 Januarie en die Universiteit van Kaapstad (Ikeys) op 26 Januarie.
“Hierdie is ‘n baie belangrike kamp vir ons. Ons wil graag die groep as ‘n eenheid vestig en die kamp gee vir ons die geleentheid om dit te doen,” het Theron gesê.
Die Jong Bokkies se oefengroep:
Heelagters: Cheslin Kolbe, Tim Swiel (WP)
Vleuels: Seabelo Senatla (Vrystaat), Luther Obi, Sylvian Mahuza (Luiperds)
Senters: Jan Serfontein, Dries Swanepoel (Blou Bulle), Justin Gedult, JP Lewis (WP), Tyler Fisher (Natal)
Losskakels: Handre Pollard (Blou Bulle), Robert du Preez (Natal)
Skrumskakels: Kirshwin Williams (Goue Leeus), Hanco Venter, Stefan Ungerer (Natal)
Losvoorspelers: Leneve Dames, Roelof Smit, Ruan Steenkamp (Blou Bulle), Albertus Smit (Goue Leeus), Jurie van Vuuren (WP)
Slotte: Dennis Visser, Irnè Herbst, Jacques du Plessis, Marvin Orie (Blou Bulle)
Stutte: Justin Forwood, Andrew Beerwinkel, Neethling Fouchè (Blou Bulle), Luan de Bruin (Vrystaat), Marnè Coetzee (Natal) Sti Sithole (WP)
Hakers: Jacques du Toit (Vrystaat), Devon Martinus (Goue Leeus), Morne du Plessis (Natal), Freddie Kirsten (WP)
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.