Lomu benodig nuwe nieroorplanting
2012-02-12 12:17
Wellington – Die voormalige All Black Jonah Lomu benodig ‘n nuwe nieroorplanting en het reeds 30 kg sedert verlede September verloor.
Lomu (36) het dié inligting in ‘n onderhoud aan ‘n Nieu-Seelandse tydskrif onthul.
Hy het agt jaar gelede sy eerste oorplanting gehad, maar dié nier het in Oktober 2011 ophou funksioneer.
Die oud-vleuel is verlede September tydens die Wêreldbeker-rugbytoernooi in ‘n hospitaal in Auckland, Nieu-Seeland, opgeneem.
Lomu het aan Woman's Weekly gesê dat hy onlangs elke week dialise vir 21 uur ontvang het.
“Ons het gehoop om ‘n bietjie verbetering te sien, maar dit het geen verskil gemaak nie, so die volgende stap is om ‘n skenker te kry,” het Lomu gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters