John Smit maak skuif na Saracens
2011-07-13 10:02
Kaapstad – Die Springbok-kaptein John Smit het aangekondig dat hy sy rugby vanaf aanstaande jaar vir die Engelse klubspan Saracens sal speel.
Volgens die Britse koerant The Telegraph sal Smit aan die einde van November na afloop van die Wêreldbeker in Nieu-Seeland, by Saracens aansluit. Die 33-jarige haker sal met die skuif ook sy internasionale rugbystewels ophang.
Smit, wat goeie vriende is met die Saracens-stut Deon Carstens, het kontrak via Twitter bevestig.
"Dit is amptelik. Ek sal na die 2011 seisoen vir twee seisoene by Saracens aansluit. Ek sien uit na 'n nuwe hoofstuk," het Smit getweet.
Saracens, waarvan die Suid-Afrikaanse sakeman Johann Rupert 'n mede-eienaar is, het vinnig gespring vir Smit se handtekening nadat hul eerste keuse haker die Australiër Huia Edmonds sy skouer beseer het.
Lees verder.
– The Telegraph