John Mitchell sal nie rug op Leeus keer

2011-07-08 08:07
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – “Ons kan ook deel wees van die negatiwiteit. Of ons kan besluit om op die dinge binne ons beheer te fokus – om rugbywedstryde te wen.”

Ná ’n nagmerrieweek vir die Goue Leeus Rugbyunie is dit maklik om te vergeet dat daar steeds ’n span is wat reeds liters op die oefenveld sweet in sy voorbereiding vir die Curriebeker-reeks.

Dié reeks begin volgende Vrydag op Coca-Colapark vir die Leeus wanneer hulle die Pumas pak – en Mitchell en sy afrigtingspan beplan sommer groot dinge.

Wat in die raadsale gebeur, is nie waarop die afrigter fokus nie, selfs al het hy by verskeie geleenthede vanjaar die uniebestuur gemaan om verenig te raak.

Mitchell sê die skeuring tussen die GLRU en sy vennoot, GumaTAC, het hom nie laat besluit om sy tasse te pak nie.

“Dit is die laaste ding waaraan ek dink.

“Ons moet die organisasie lei deur op ons eie taak te fokus – en dit is rugby,” sê Mitchell.

“Dit is jammer dat die verhouding (met die vennoot) beëindig is. “Maar ons moet ook onthou dat die aandeelhouer-struktuur só opgestel is dat dit (spesifiek) werwing en die ontwikkeling van amateurrugby bevorder.

“En dít is waar ek graag verandering wil sien.”

Min het intussen vir Mitchell en die unie se beste spelers verander – en hulle kan die Leeus in die regte rigting lei, deur ernstig jag op die Curriebeker te maak.

Hul nederlaag ’n week gelede met 25-28 teen die Valke in ’n vriendskaplike wedstryd is nie rede tot kommer nie, aangesien dit eintlik ’n Leeus o.21-span was wat gespeel het.

“Die Super Rugbyreeks is verby en ons wil nou voortbou op die bestendigheid wat ons in verlede jaar se Curriebeker-reeks begin skep het.

“Ons gaan ook probeer om ons diepte verder in die reeks uit te bou,” sê hy met verwysing na nóg jong spelers wat vanjaar in die reeks speelkans kan kry.

Mitchell sê die Leeus se spelersgroep is in die weke voor die Curriebeker-reeks aansienlik gesnoei.

Slegs spelers wat Super Rugby-aanspraakmakers is, gaan behou word.

GumaTAC het verlede week ná sy skeuring met die GLRU gesê die unie het tot 90 gekontrakteerde spelers, van wie sommige nie eers aan oefeninge deelneem nie.

Nog twee spelers wat voor die Curriebeker-reeks vort is, is die skrumskakel Rory Kockott en die losskakel André Pretorius wat albei in Frankryk gaan speel.

Die Leeus het geen aanwinste sedert die Super Rugby-reeks gekry nie, maar het nou oor genoeg diepte om as ’n aanspraakmaker op die Curriebeker beskou te word.

Die afwesigheid van Springbokke in spanne soos die Haaie, die Westelike Provinsie en die Blou Bulle kan die weg baan vir die Leeus en die Vrystaat-Cheetahs om hul stemme dik te maak.

Spelers wat steeds beseer is en nie volgende Vrydag teen die Pumas kan speel nie, is die vleuel Lionel Mapoe en die Nieu-Seelandse agterspeler James Kamana.

Die flank Michael Rhodes moet ook nog sy volle skorsing uitdien vir ongeoorloofde spel in ’n Super Rugby-wedstryd teen die Highlanders.

’n Speler wat nie vanjaar in die Curriebeker-reeks sal speel nie, is die stut Kevin Buys, wat sy knie op die Lions se toer na Australasië beseer het.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
 

Lees meer oor: glru  |  john mitchell  |  super rugby  |  lions

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.